Krake in SA rugby wys weer

Die taak vir die Springbokspan om Saterdag in Port Elizabeth teen die Argentyne Poemas in die Rugbykampioenskap die krake in Suid-Afrikaanse rugby toe te smeer, raak al hoe groter nadat die Suid-Afrikaanse Skolespan Dinsdag in die Paarl skandes gemaak.

Hoe dan anders wanneer jou Springbokspan van môre sy tweede opeenvolgende nederlaag in die vierhoekige reeks vir o.19-spanne gelei het toe Frankryk die kragmeting met 13-8 gewen het?

Wallis het die SA Skolespan in sy eerste wedstryd met 30-28 geklop en nou lê daar net een wedstryd teen Engeland se o.19-span voor om verlore aansien te red.

Ja, dit het gereën en die toestande het die jong Hane dalk beter gepas, maar dis die toestande wat op die Cheetahs en Kings in die komende Pro14-reeks wag.

Suid-Afrika spog met die beste skolerugbyspanne in die wêreld. Paarl Boishaai is die afgelope drie jaar onoorwonne in Suid-Afrika. Wat van Monument, Grey-kollege, Waterkloof, Affies, Paul Roos, KES, Paarl Gimnasium en ʼn rits ander skole? Is die beste span ná die Cravenweek in Johannesburg gekies? Net twee spelers van Boishaai en vier van KES en Glenwood in die groep van 28 spelers?

Die nasionale o.20-rugbyspan is met 24-22 deur Engeland in die onlangse Wêreldbekerkampioenskap in Georgië in die halfeindronde uitgeskakel nadat die Jong Bokkies met 23-elk in die groepronde teen Frankyk gelykop gespeel het.

Ons nasionale vroue-span is 13de op die wêreldranglys, en kon nie vir die WB-toernooi wat nou in Ierland paasvind, in aanmerking kom nie. Die VSA wel, só ook Kanada, Spanje, Japan en Hongkong.

Twee Suid-Afrikaanse spanne het hul Superrugbystatus verloor en die Lions, ondanks hul puik vertonings in die die groepronde, het weer in die eindstryd vasgeval toe die Crusaders hulle op Ellispark geklop het.

Ja, daar was ligpunte, soos die briljante Blitsbokke wat die Wêreldreeks vir sewesspanne gewen het, en die Bokke wat die Franse (wat 8ste op die jongste ranglys is) met 3-0 in die reeks in Junie geklop het.

Nou moet die Bokke in die Rugbykampioenskap sake probeer regstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stephanus ·

Solank ons nie spanne 100% op meriete kies nie, gaan al ons spanne sukkel.

Stephanus ·

Solank ons nie spanne 100% op meriete kies nie, gaan al ons spanne sukkel.

Veritas ·

Jurie, Boishaai is die verafrikaanse naam van Hoër Jongenskool Paarl.

Carel ·

Dit raak net egrer. Self goeie spelers van kleur word oor hoof gesien met kwota stelsel. Hulle kies sommer enige een lyk my net solank hy nie wit is nie. Die stelsel begin nou goeie spelers van kleur ondermyn. Nou speel ‘n goeie speler/s in van kleur in span wat baie kwotas bevat. Nou’s hulle ook sommer sleg en dis nie die waarheid nie. Almal word met een kam gekam. So nou breuk die sisteem daai goeie jong talent af. Die kwota stelsel werk nie.

Frans C ·

Daar kan gerus kers opgesteek word en leer by die NZ strukture en hoe rugby in Europa bedryf word.Baie spanne daar is deel van hul 6 nasiereeks en is dus geves

In Suid Afrika word baie spanne soos bv die ‘A’-span op die laaste oomblik saamgestel en dan verwag almal dat sulke spanne sukses moet behaal.Besef ons rugby administrateurs dan nie dat ons spanne dikwels teen 6 nasiekampioen moet meeding by bv die onlangse wêreldbeker.

Ja die Lions het verloor,danksy ‘n rooi kaart wat die wedstryd vroegtydig vir meer as 60 000 toeskouers beëindig het. Solank daar ‘n spelersbeweging en dalk ‘n afrokkeling van spelers deur groter bonde is kan daar nooit samehang in spanne wees nie,want die speler
omset is te hoog.

Dit is die groot bonde wat hul skuldig maak aan die ‘stropery’ want kontrakte word nie net
oornag beding nie en dit was ‘n redelike skok dat ‘n speler een week nog in ‘n Super 18 eindstryd betrokke kan wees om net die volgende week vir ‘n ander span te speel teen die span wat hom juis die geleentheid gegee het om naam te maak.

Ratel ·

Ons sewes rugby is tops. Ons Super Rugby is beter as Australie. ONS is nog nie op NZ se standaard nie, maar ons is oppad. Die Bokke en die A span het na deeglike voorbereiding die Hane afgetrap! Ons het die onder20 Wereldbeker Semi net net verloor. Wat ons moet onthou is die Europese lande het nes die seniors n jaarlikse ses nasie kompetisie wat hulle aan die begin van die jaar speel. So die tyd as hulle teen ons manne speel is hulle wedstryd fiks. Hoe lank het die Skole span gehad om te oefen? n Week? n Mens het meer nodig as dit. Volgende jaar is Rassie terug en hopelik gaan dinge beter! Kyk hoe gaan ons skole volgende jaar oorsese skole klop by die nuwe kompetisie wat Heyneke Meyer reel. Ek voel wel ons moet ons vroue rugby verbeter. Dit vat ongelukkig tyd. Kwotas gaan altyd daar wees so dit help nie om te kla. Daar is baie goeie spelers van kleur. Kom ons ondersteun hulle in plaas van om hulle te kritiseer.

Karisma ·

Ek twyfel sterk of die dames in die vroue in die vroue span as beroep spelers beskou kan word… Meeste van die dames het gewone werke en hulle kry nie naasten by dieselfde ondrsteuning as hulle manlike eweknieë nie… Die sport self is maar nog in sy baba skoene as mens in ag neem dat dit nog nie eers regtig op skoolvlak aangebied word vir meisies nie… Net soos daar met krieket en rugby na die “rural areas” gegaan word om gehalte spelers te kweek, sal daar daadwerklik aan vroue rugby se fondasies gekyk moet word voor mens hul regtig kan oordeel…

Lol ·

Op skolevlak word spelers gekies wat skitter op aanval want hulle speel vir die sogenaamde sterker skole omring deur ander talent. Die dag waneer hulle meer moet verdedig as aanval skiet hulle te kort. Oorsaak: die sterker skole word sterker en die swakker word swakker a.g.v. van “poaching” by swakker skole en die sterker skole word nie behoorlik en deurlopend onder druk gesit nie.

Daan ·

Vergelyk appels met appels. Dis die O19spanne van oorsee wat teen ons kinders wat almal nog op skool is speel. Die skolespan speel dus eintlik teen teenstanders bo hulle ouderdomsgroep. Ons eintlike, top O19’s speel natuurlik tans in die provinsiale, ABSA O19 reeks.

Lukie ·

Kan iemand asb aan my verduidelik hoekom Ruan Combrinck, Janse van Renburg ens ens nie in die bokspan is nie maar Rudy Paige, wat seker die swakste skrumskakel is wat vir die Bokke gespeel het (wel miskien was Bolla Conradie net so pateties)? Wat van Faf de Klerk of Piet van Zyl? Iemand het egter vir my gese Paige is ‘n uitstekende impak speler. Hy maak ‘n behoorlike omgewingsimpakstudie voordat hy die bal uitgee!

Harry Dique ·

Hulle moet afrigters aanstel, vir die o 19 en senior span dan sal dit beter gaan

Harry ·

Daar moet net afrigters aangestel word dan sal dit beter gaanmet ons rugby

Erik ·

Nuwe era nuwe rugby, jong spelers vandag is nie meer bekommerd oor Springbok rugby nie. Sal baie graag eerder rugby vir groot geld gaan speel oorsee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.