Kriel se operasie ’n sukses

Jesse Kriel ná sy operasie. Foto: Bulls se Twitter-rekening.

Die Bulls- en Springbok-senter, Jesse Kriel, se enkeloperasie Dinsdag was ’n sukses.

Die 25-jarige agterspeler het sy enkel beseer gedurende sy span se nederlaag van 24 – 23 teen die Stormers die afgelope naweek op Nuweland. Die Bulls kon laas in 2011 in die Kaap wen.

Die Pretoria-span het hul senter op sosiale media voorspoed toegewens, en ’n foto van Kriel geplaas wat wys alles is piekfyn ná die operasie.

Spandokter Herman Rossouw het Maandag gesê dat Kriel vir tussen ses en agt weke op die krukkelys gaan wees.

Met die span reeds taamlik lig in die broek wat senters betref, kan die kaptein en losskakel, Handré Pollard, na die middelveld skuif.

Die Bulls is tans tweede op die Suid-Afrikaanse afdeling van die punteleer met hul 23 punte ná nege wedstryde.

Hulle speel die naweek teen die Waratahs op Loftus Versfeld. Die ervare Jaco Peyper sal aan die stuur van sake wees.

  • Intussen is die Lions se talentvolle agterspeler, Gianni Lombard, vir tot nege maande langs die kantlyn ná die ernstige kniebesering wat hy teen die Chiefs opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bekommerd ·

O hel!!!! Arme Bulle. As Pyper blaas is dit nag vir hulle.
Maar sterkte Jesse hoop jy herstel vining, en voorspoed met jou skuif na Japan.
Glo baie witspelers gaan SA verlaat a, g, v. inmening deur die ANC in sport.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.