Kriel uit die tweede toets; Mapoe lyk na sy plaasvervanger

Lionel Mapoe lyk na die man wat in Jesse Kriel se plek sal speel (Foto: GB Jordaan)

Die Springboksenter Jesse Kriel wat saam met Jan Serfontein in die middelveld een van die groot suksesse teen die Franse op Loftus was, sal nie Saterdag in Durban in die tweede toets kan speel nie.

Die suksesvolle vennootskap in die eerste toets word dus verbreek.

Kriel is Saterda in die tweede helfte met harsingskudding van die veld af en sal nie vir Saterdag se toets oorweeg word nie.

Dit lyk of Allister Coetsee nie aan die agterlynstruktuur gaan skaaf nie en ʼn buitesenter-spesialis as buitesenter in Kriel se plek sal kies.

Die suksesvolle vennootskap in die eerste toets word dus verbreek.

Dit klink na ʼn wyse besluit. Frans Steyn, hoewel sy aanvoeling as ware voetballer nie te betwyfel is nie, sal moontlik nie as binnesenter in die vinnige verspreidingspatroon agterlangs pas nie.

Serfontein, wat Saterdag indruk gemaak het met sy flinke balverspreiding op binnesenter, sal op buitesenter moontlik ook gemors wees as Steyn aan sy binnekant gekies word.

Dus: Serfontein bly binnesenter, en Lionel Mapoe sal seker aan sy buitekant oorneem.

Damian de Allende, wat steeds met ʼn besering sukkel, is terug Stormers toe gestuur en is dus nie ʼn moontlikheid op binnesenter met Serfontein  aan die buitekant nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaybee ·

Hoekom is de Allende in die eerste plek gekies as hy beseer is?Fracois Venter sou n baie beter keuse gewees het.

Nico K ·

Ek dink ook Francois Venter verdien beter. ‘n Speler moet nie geoordeel word volgens die span waarin hy speel nie. Kyk na die individuele talent.

Louis ·

Venter is baie bestendig maar vir my is hy nie uitstaande nie

Josua Keys ·

Daar is nie n senter in SA met die gelyke van Lionel Mapoe nie maak nie saak wie wat sê nie Lionel weet hoe om n lyn reguit te maak is vinnig en het ‘n goeie systap en vermoe om spelers in gapings in te sit, Lionel en Vorster moes in die eerste plek in die Bok agterlyn gewees het want hulle is die beste tans in SA, hulle was so goed dat tot die Stormers vir drie wedstryde ontwrig was na hulle teen die Leeus verloor het en R Combrink was nie eens op vleuel nie en die wat dit nog nie wil aanvaar nie gaan kyk maar na die afgelope Super Rugby wedstryde, dit is net die keurders wat nie so gedink het nie, tweede keuse op die bank stem ek saam Frans Steyn en Venter/ Serfontein. Jaco Kriel op Linker vlank en J Du Preez op regtervlank Warren agtsteman en die los trio is reg vir die Franse en die vier Nasie reeks gee die trio ‘n regverdige kans dan bewys julle my verkeerd keurders. As die bulle, Stormers of Sharks die Leeus se span gehad het het 90% van die bok span uit die Leeus bestaan maar ongelukkig is H Meyer se spook steeds oor die Bok keurers se keuses om net die nodige te kies van die Leeus.

Lol ·

Lionel Mapoe volgens my nie die antwoord nie. Maar seker maar die beste wat ons het. Onthou rugby bestaan nie net uit aanval nie. Junior Bokke juis vandag verloor weens swak verdediging van spelers wat net kan aanval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.