‘Kunsveld eenvoudig goedkoper as gras’

Die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes se kunssportvelde. (Foto: Verskaf)

Die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes se kunssportvelde. (Foto: Verskaf)

Die koste om jaarliks die gras op sy rugbyvelde oor te plant, het eenvoudig só hoog vir `n Kaapse laerskool geraak dat ‘n kunsveld sedert sowat `n jaar gelede ‘n goedkoper uitweg bied.

Wynand Cillié, die hoof van die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes, het op navraag aan Pale Toe! gesê te veel spanne en voete op die grasveld het veroorsaak dat dit jaarliks oorgeplant moes word, en die jaarlikse koste daarvan het eenvoudig te hoog geraak.

“Die koste van twee kleiner as die gewone rugbyvelde, wat ook vir hokkie gebruik word, met ‘n krieketkolfblad tussenin (12 000 vierkante meter in totaal) het R8 miljoen beloop.

“Deur eie beleggings te gebruik, ‘n lening aan te gaan en ná ‘n aanpassing in die begroting, kos dit [die skool se] ouers slegs R25 per maand ekstra.”

Cillié sê die speeloppervlakte vir al die somer- sowel as wintersporte is eenvoudig baie beter. Die veld word vir atletiek, krieket, hokkie en rugby benut.

Synsport het die kunsveld verskaf en DPB Construction het dit aangelê.

♦ Om ‘n watertekort die hoof te bied, het die Windhoekgimnasium in Namibië onlangs ‘n kunsrugbyveld in gebruik geneem wat die skool ‘n raps meer as R12 miljoen gekos het.

Dit is met ‘n internasionale sewestoernooi ingewy, waaraan spanne uit Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en Duitsland deelgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie ·

Ons kinders het al op daardie veld rugby gespeel. Dis aaklig! Sal dit vir geen skool aanbeveel nie. Dit lyk baie indrukwekkend, maar is regtig nie ‘n plesier vir rugbyspeel nie. Wel wonderlik vir hokkie en seker ook krieket.

Gert ·

Die probleem met die kunsveld is dat laerskool kinders sonder stewels speel en dus is die oppevlakte soos `n nat veld , as dit `n hoërskool se veld was waar stewels gebruik was, sou die probleem glad nie gebeur het dat dit `n aaklikge veld is nie, in teendeel, daar word oorweeg om groter stadions in suid afrika om te skakel na die toe, ek sien geen nadeel daraan dat nuweland wat sommige jare swak gelyk het met die grasoppervlakte na so `n veld om geskakel word nie.

Viskoek ·

En ky na die “grass burns” wat opgedoen is na die Las Vegas 7’s en Canada 7’s waar die ouens nogsteeds probeer herstel. Ook gebruik hulle water na elke paar wedstryde om dit te porbeer verhoed. Dan speel ek eerder op ‘n gras veld wat droog is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.