Kwagga aan’t stuur van die Leeutrop

Kwagga Smith. Foto: Facebook.

Die vorige keer toe die Lions en die Sharks slaags was, het die Durbaniete 40 punte in ’n Curwin Bosch-meesterklas opgestapel.

Baie water het sedertdien in die see geloop: die Sharks het ’n goeie toer na Australië en Nieu-Seeland agter die blad, terwyl die Lions – al was daar ’n paar internasionale fronse oor die skeidsregterbeslissings – twee wedstryde agtereenvolgens gewen het.

Maar met Warren Whiteley op die krukkelys en Malcolm Marx wat volgens SA Rugby-vereistes ’n blaaskans geniet, sal Kwagga Smith die leeutrop in Durban lei.

Jan-Henning Campher sal in Marx se plek op haker begin. Dit sal sy eerste beginwedstryd vir die Johannesburgers wees, terwyl Nico Groom in Ross Cronjé se afwesigheid die nommernegetrui sal dra.

Emirates Lions: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Kwagga Smith (kaptein), Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Stephan Lewies, Johannes Jonker, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. Plaasvervangers: Pieter Jansen, Sti Sithole, Carlu Sadie, Reinhard Nothnagel, Vincent Tshituka, Hacjivah Dayimani, Shaun Reynolds, Tyrone Green.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jepetto ·

Kwagga ou maat jy speel uitstekende rugby jys a yster daar was baie kritiek oor jou lengte vir vlank ,maar jy het almal verras en alle kritiek se monde laat oophang .Ek hoop en Bid vir jou Rassie vat jou saam wererldbeker toe . Jy verdien dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.