Kwagga reg vir epiese stryd teen All Blacks

Groot dinge word hierdie naweek van Kwagga Smith teen die All Blacks verwag. (Foto: Twitter)

Die Springbokke gaan Kwagga Smith Saterdagoggend teen die All Blacks loslaat wanneer die twee Suidelike Halfrond-vyande in Wellington in ʼn toets teen mekaar uitdraf.

Dis maar dié gewilde losvoorspeler se tweede verskyning in die Groen-en-goud nadat hy verlede jaar in Wallis sy toetsdebuut gemaak het.

Smith is ná ʼn reeks bestendige vertonings vir die Emirates Lions weer met ʼn plek in die Bokspan beloon.

Kaptein Siya Kolisi is op waterdiens weens ʼn kniebesering, dus word die vasberade flank met die nommer 6-trui teen die All Blacks vertrou.

Dit sal Saterdag in die Westpac-stadion nie die eerste keer wees dat Smith teen die Kiwi’s te staan kom nie, dit sal wél die eerste keer wees dat hy die mag van ʼn All Blacks-tóétsspan eerstehands beleef.

Nadat hy ʼn paar seisoene vir die Blitsbokke uitgedraf het, het Smith sy fokus op die vyftienmanspel geplaas en homself bewys as ʼn staatmaker vir die Leeus. Hy is nie gekies vir die Springbokke se toer na Frankryk en die Verenigde Koninkryk in 2017 nie, maar is genooi om vir die Barbarians teen die All Blacks te speel. In Londen het hy ʼn speler van die wedstryd-vertoning gelewer.

Dié naweek is sy tweede internasionale verskyning vir die Springbokke en veel meer is op die spel as toe hy vir die Barbarians gespeel het.

“Vir die Barbarians sou jy ʼn prettige week gehad het en dalk teen Donderdag ʼn oefensessie. Dit verskil hemelsbreed van die voorbereiding vir ʼn toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, veral dié wedstryd in Wellington,” het Smith vandeesweek gesê.

Smith en sy kollegas weet alte goed die Kiwi’s wil wraak neem ná Suid-Afrika se sege verlede jaar.

Saterdag vorm hy deel van ʼn nuwe lostrio wat bestaan uit nuwe Springbokkaptein Duane Vermeulen (nommer 8) en die huidige SA rugbyspeler van die jaar, Pieter-Steph du Toit (flank).

“Duane is ʼn fantastiese speler en ek bewonder hom al vandat ek skoolrugby speel,” het Smith gesê.

Bokafrigter Rassie Erasmus. (Foto: Twitter)

“Dit is ʼn eer om saam met hom te speel, terwyl Pieter-Steph ook ʼn uitstekende en hardwerkende speler is. Ek het self ʼn belangrike plig en gaan Saterdag, teen die wêreld se beste span, alles gee.”

Bokafrigter Rassie Erasmus verwag ook groot dinge van Smith.

“Dit gaan interessant wees om te sien hoe hy op toetsvlak presteer nadat hy behoorlik voorberei het – iets wat hom nie beskore was in verlede jaar se toets teen Wallis nie.”

Die All Blacks het intussen ook verskeie staatmakers ingeroep vir hulle poging om die Suid-Afrikaners in ʼn uitverkoopte stadion te laat les opsê.

Soos die Bokke het die All Blacks ook verskeie van hulle sleutelspelers laat rus nadat hulle verlede week naelskraap teen Argentinië (20-16) gewen het.

Daar sal Saterdag heelwat Kiwi-ervaring op die veld wees. Joe Moody, Codie Taylor en Owen Franks is in die beginspan, terwyl Ofa Tuungafasi, Dane Coles en Angus Ta’avao op die bank begin.

Kaptein Kieran Read is terug in die nommer 8-trui, saam met Matt Todd op nommer 7 en Shannon Frizell op steelkant-flank.

In die agterlyn word daar vandeesweek staatgemaak op Beauden Barrett en Richie Mo’unga. Barrett is op heelagter en Mo’unga op nommer 10.

Sonny Bill Williams het herstel van ʼn besering en is terug op die toneel.

Codie Taylor is in die All Blacks se beginspan wat Saterdag teen die Bokke uitdraf. (Foto: Twitter)

All Blacks-afrigter Steve Hansen sê die Springbokke sorg vir heelwat uitdagings – een daarvan die harde wedstryd wat die Bokke speel.

“Ons moet ons eie fisiekheid in die wedstryd afdwing en ons spelpatroon en vaardighede na ʼn hoër rat neem,” het Hansen gesê.

Die stryd tussen slotte Sam Whitelock en Eben Etzebeth gaan ook een wees om dop te hou. Tussen die twee van hulle het hulle 184 toetse agter die blad en al twee word as uitblinkers vir hulle onderskeie spanne beskou.

Saterdag se wedstryd begin om 09:35 (plaaslike tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Swartwolf ·

Kwagga sal hopelik ‘n groot impak maak. Duane great speler en kaptein. Ou wat water dra op die regte plek. Kombinasie van Duane, Kwagga en Marx behoort druk op die AB ‘s te sit itv turnovers en potensieele strafskoppe.

Anoniem ·

Ek hoop Kwagga is gereed vir die groot toets, want hy gaan waarskynlik net die een kans kry en nooit weer nie. Persoonlik glo ek hy is te klein en te lig op hierdie vlak en word te maklik van die losskrums af skoongemaak. Ek sal nie omgee indien hy my verkeerd bewys nie en sal die eerste een wees wat Maandag my siening sal terugtrek.

kolla ·

Hy het laas teen Wallis ‘n kans gekry en het toe niks beteken nie. Hopelik beteken hy iets hierdie keer maar ek hou nie my asem op nie.

kolla ·

Kolisi gaan gemis word vir sy aansluiting met die agterspelers, lynstaanwerk en leierskap. NZ sal met so 15 punte wen. Te min WP spelers in die span.

SjN ·

Kolla, hy het puik as waterdraer gedoen, hou hom in die posissie asb.

Buffel ·

Aansluiting met die rus bankie na 50 min van niks doen. Daar is die prestasie uitstekend.

Chrisjan ·

Kolla, ou Kolisi sal nie in Nieu-Seeland as oopkantflank plek kry bo Matt Todd (Crusaders), Sam Cane (Chiefs) en Ardie Savea (Hurricanes) nie. So hy sal nie eers die bank haal nie. Maar’s hy’s kaptein van die Bokke… Stem saam met SjN , hulle is beter af met hom as waterdraer.

Apools ·

Leierskap ? Na 40 min teen ‘n harde span is kolisi nie meer leier nie maar lyer.

LS ·

Kolla, wil jy nie asb aansluit by kolisi om te help met die waterbottel?

Swartwolf ·

15 punte verloor? …….ha ha ha ha ha ha ha wat ‘n nar. En Kwagga was brilliant.

Boxer ·

Ai tog ou Kolla kry jy nie genoeg aandag waar jy is nie dan kom soek jy dit nou hier op Maroela Media. Nee wat Kolisi is reg net daar waar hy is. Kwagga gaan jou en baie ander ‘n punt bewys

Swartwolf ·

Stem saam Boxer wou na laasweek se Aus toets die man of the match toekenning vir die bokke se waterdraer gee so goed het hy hom van sy taak gekwyt. Inteendeel met die rol help hy die span om te wen. Dis waar hy die minste skade aangerig.

Swartwolf ·

Kwagga heeltemal groot en sterk genoeg vir 6. Sam Kane 1.89m, 103 kg Michael Hooper 1.82m, 101 kg Ardie Savea 1.88m, 95 kg Kwagga 1.82m, 95 kg. En hy raak nie weg na 50 min soos waterdraer nie. Duane great kaptein en word gerespekteer as speler en kaptein deur bok ondersteuners. Net 4 stompies in die span baie aanduidend van hoe swak hulle was in SR laaste van die SA spanne. Daar kan nie ‘n toets span gebou word om ‘n span met so swak wen kultuur nie.

kolla ·

5 WP spelers in beginspan. Hoeveel nulle is in die beginspan?

Stier ·

Stompies nog steeds laaste op SR SA log. Skande vir ‘n span met 5 werfbokke. Hoop die stompies wat more opdraf maak ‘n mind shift baie vinnig.

cr ·

Ons voorspelers is goed, ek is net bekommerd oor die agterspelers, gelukkig is daar ‘n paar goeies op die bank as die begin-agterspelers nie die pyp rook nie.

Jean ·

Ag man lekker ..so bly n blanke soos kwagga wat sy kans verdien kry hom…Teen die All blacks nogal..Die beste van die bestes…Go kwagga jy laat my aan Ruben kruger dink n champ van destyds..Taai soos n ratel….

Josua Keys ·

Jammer on die suurknolle mee te deel maar kwagga word beskou as die betse flank in wereld rugby of julle daarvan hou of nie was hy by die All Blacks was hy van hul eerste keuses vir hul span net jammer keurders het met klappe oor hul oe geloop, as jy saam die verkeerde flank spanmaat op die veld draf gaan jy nie goed lyk op die dag as jy al die werk moet doen nie. BOKKE GAAN MET TENMINSTE 15 PUNTE WEN

jc ·

Ons voorspelers is goed, ek is net bekommerd oor ons agterspelers, gelukkig is daar goeie spelers op die bank wat hulle kan vervang as hulle nie die pyp rook nie.

jc ·

Ons voorspelers is goed, ek is net bekommerd oor ons agterspelers, gelukkig is daar goeie spelers op die bank wat hulle kan vervang as hulle nie die pyp rook nie.1

jc ·

Ons voorspelers is goed, ek is net bekommerd oor ons agterspelers, gelukkig is daar goeie spelers op die bank wat hulle kan vervang as hulle nie die pyp rook nie.2

jc ·

Ons voorspelers is goed, ek is net bekommerd oor ons agterspelers, gelukkig is daar goeie spelers op die bank wat hulle kan vervang as hulle nie die pyp rook nie.3

Nico K ·

Ek glo aan kombinasies en Duane is reeds daar as die groot, sterk man. Pieter Steph die ekstra lynstaanman en daarmee saam sal Kwagga as baljagter uitstekend pas. Nie dat Pieter Steph nie losballe jaag nie.

Boxer ·

Kolla dis veral daai 5 wat in die span is wat die probleem area is en waar die swakpunte is. Selfs ons waterdraer is so stadig die water is al warm as die manne dit moet drink.

Rinkhals ·

Stem die hele stompie span kan Sa groen dra verander nie dat hulle was die swakste SA SR span nie.

kolla ·

Stormers se Bokke was beseer tydens SR, nogtans het ons 3de span net een minder wedstryd as die nulle gewen en net soveel soos die Lions en Sharks. Stormers en Sharks het ook gelykop gespeel teen die kampioen Crusaders terwyl die nulle met 50 punte verloor het. Dis hoekom daar net 2 nulle (te veel) in die Bok beginspan is.

Gatiep ·

Kyk die stormers song video die ou met die swart en rooi sambreel jy.

Lekker lag ·

Ja nee ou kolla verskoning verskonings moet nie worry nie 2020 kan hulle Weer Probeer…..

Valerie ·

Wat ook al die uitslag, in WB jaar beteken die wedstryd se uitslag niks. Wen SA per abuis, sal hulle dink die WB is hulle s’n. Japan . . . lui dit ‘n klokkie? SA gaan nie eers die laaste vier haal nie. Het nie die vermoë in die regtle plekke nie.

CFS ·

Kolla ek sien uit na jou kommentaar na more se wedstryd,spesifiek oor Kwagga se spel.Lekker slaap ou bitterbek.

Rinkhals ·

Soos gewoonlik as die snert aanmerkings nie waar word nie is die makker doodstil. Kwagga was een van die beste voorspelers op die veld en dis aan albei kante. Stukke beter as waterdraer in meeste van sy toetse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.