Kwagga têkkel die meeste in Wellington

Kwagga Smith. (Foto: Twitter)

Springbok-breier Rassie Erasmus sal sonder twyfel bekommerd wees oor die feit dat die All Blacks (statisties gesproke) Saterdag se spel oorheers het.

Die wedstryd het 16 elk gelykop geëindig nadat die Bokke met baie durf gespeel het.

Die kombinasie van Herschel Jantjies en Handré Pollard het uiteindelik sake gelykop in Wellington gemaak.

Erasmus se span is tans eerste op die punteleer ná twee kragmetings in die Rugbykampioenskap en daar is ’n gulde geleentheid om die reeks teen Argentinië in Salta te beklink. Die Springbokke het laas in 2009 die Drienasies-kampioenskap gewen.

Ten spyte van Saterdag se gelykoptelling, was die All Blacks die Bokke se tiere op die aanval. Die Nieu-Seelanders het 141 keer die bal gedra, in vergelyking met Suid-Afrika se 99.

Die gasheerspan het ook byna twee keer verder (401 m teenoor 237 m) gehardloop, hulle het meer as twee keer die aantal verdedigers (28 teenoor elf) geklop en het 16 breekslae bewerkstellig.

Die All Blacks het veral in die tweede helfte vlam gevat en die Bokke se verdedigingslinie in vlae aangeval.

Kieran Read se troepe was duidelik ook meer avontuurlustig op die aanval – hulle het 207 keer die bal van speler na speler laat beweeg, terwyl die Bokke net 103 keer die bal uitgegee het.

Tog het die All Blacks – veral in die eerste helfte – ’n rits foute begaan en hulle het 19 keer die bal afgestaan.

Die Bokke se verdediging moes met tye bontstaan en hulle het 223 duikslae uitgevoer, waarvan 23 onsuksesvol was. Ten spyte hiervan kon die gevreesde All Black-agterlyn net een drie druk.

Die lostrio van Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit en Kwagga Smith het onderskeidelik 11, 14 en 15 duikslae uitgevoer.

In net sy tweede toets het Smith nie net die meeste duikslae uitgevoer nie, hy het ook twee verdedigers in sy agt lopies geklop en twee keer vir omgekeerde besit gesorg.

Agterlangs het Cheslin Kolbe 13 duikslae uitgevoer, terwyl hy 46 m met die bal in die hand gevorder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

ProotGraat ·

Ek wens groot ouens (lees: Flou Bulle) het 50% soveel hart, moed, vernuf, spoed ens ens ens gehad soos Cheslin.

Swartwolf ·

Regte stompie ondersteuner jy kritiseer die bulle waar het jou pap soek spannetjie in 2019 sr geeindig ou eire? Heel stock laaste op die SA log. Dis hoekom selfs julle helde soos Kolbe oorsee gaan speel want eintlik staan wp vir weer probeer. Want hulle kon nog nooit die SR beker eers een keer wen nie. Dan wil jy nou vir Kolbe gebruik om die bulle te ķritiseer. Skande die weer probeer – kritiseer eerder jou spannetjie se pap spel.

Josua Keys ·

Die bokke het gelykop gespeel omdat besit weggeskop is, tot die statistiek wys dit uit, waarom besit wegskop en jou span onder onnodige druk plaas, dit is nou al so in SA se spelers in gedokter(gedril) dat wanneer ons met die bel moet hardloop verstaan die ouens nie meer die spel nie, ek hoop net ons Suid Afrikaanse afrigters wil om Hemelsnaam die tipe spel uit ons spelers leer(geen problem met n goeie up en under nie) maar wegskop nie aanvaarbaar nie, ek weet nie wie het met die tipe afrigting jare gelede begin dat n speller besit in die middel van die veld opskop met die hoop die ander span maak dan die vout. Ons het die wedstryd vir die All Blacks gegee om gelykop te speel, en ja om nie eers van die voorry te praat nie ons het glad nie voor oorheers in die eerste helfte nie en dit het ook bygedra dat ons nie ‘n drie kon druk nie, ek hoop net Rassie skrik wakker en kry somer die lynstane ook uitgeklaar, hopeloos teveel tyd was daar ook gemors en nog n bron van kommer, geen verassings is daar geskep nie inteendeel het ons die All Blacks die kans gegun om hul verdedegings lyne te beplan met die stadige lynstane, wat n grap.

kolla ·

So eintlik het hy maar net gedoen wat van ‘n flank verwag word. Baie gemiddelde wedstryd oor die algemeen gehad. Useless in die lynstane.

Swartwolf ·

Stukke beter as waterdraer. Hou Kwagga en waterdraer presies waar hulle is. Laat slotte en Pier Steph lynstaanwerk doen.

Aai jaai jaai ·

Die dag het aangebreek wat ek saam met Kolletjies stem!!! Dit gaan sous in die Limpopo. Ek stem saam – Kwagga het gedoen wat van ‘n flank verwag word!! Punt klaar – nie soos waterdraer wat knaend op die vleuel rondhang nie. As Kwagga in jou opinie dan ‘n gemiddelde wedstryd gehad het en die meeste geduik het, het Pieter Steph en Duanne dan onder-gemiddelde wedstryde beleef?? Los jou een-ogige opinies en besef ons het Saterdag die beste lostrio op die veld gehad.

@kolla ·

Dankie kolla – Kwagga het ALLES gedoen wat van ‘n flank verwag word!!

kolla ·

‘n Oopkantflank behoort meer duikslae uit te voer as die ander losvoorspelers, dit werk nou maar net so in rugby. Die feit dat hy net een duikslag meer as Du Toit uitgevoer het, wys nou maar net dat hy niks spesiaal gedoen het nie.

Boxer ·

Kolla hoekom praat jy nie bietjie oor WP se wedstryd Saterdag nie?

Boxer ·

Om jou te herriner die een wat hulle verloor het teen die Leeus . Ons almal wag vir jou besonderse rugby kennis en ontleding veral oor daai wedstryd of was dit in daai tyd dat jy die Springbokke wedstryd vir ‘n tweede keer gekyk het?

Rinkhals ·

Na twee keer bokke game kyk en al daai kraantjie het hy die weer probeer se patetiese game gemis.

Boxer ·

Frans C jy praat nie baie nie maar as jy praat kan ek luister. Ha Ha.

Vintcent ·

Tragies om te besef dat Kolisi weer gekies sal moet word…ly sal die Bokke onder hom, want lei kan hy nie.

kolla ·

Verlede jaar het ons daar gewen onder Kolisi as kaptein. Vanjaar ly ons sonder Kolisi en kan nie daar wen nie.

Buffel ·

Uitstekend Frans C. Dalk gaan daar ‘n liggie aan in die donkerte. Maar ek twyfel.

Swartwolf ·

Kolisi sou Sa niks beteken het op die veld nie. Kwagga = 2x kolisi bydrae op die veld en Duane baie beter kaptein. Water dra is die eks kaptein se roeping hy is reg daarvoor.

ProotGraat ·

Ek lees seker verkeerd. Of my bril wat ek nie dra nie, is opgewasem. Stier ou Tier, het die tuindwerg DERTIEN suksesvolle duikslae uitgevoer? Asook balle voor Rieko weggepluk plus die skoppie gelanseer wat Jantjies laat score het daar op die einde? Nee blikemmer, sal maar vir my contacts moet insit. Want as ‘n tuindwerg op juice al daai gedoen het, waar was die Flou Bulle op Roids dan??? Skrik wakker ou seun, jy slap met jou ogies oop.

Stier ·

Tipiese weer probeer ondersteuner. Wat het bulle met die tuindwerg se performance uit te waai? Kry die contacts dalk verbeter die spelling ou stompie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.