Kwarteeufees met swier bekend gestel

barbarians-mosselbaai-logo-300x238Dit beloof `n gedenkwaardige kwarteeufees te wees wat uit die staanspoor by `n swierige formele geleentheid bekend gestel word.

Edward Maart, die sekretaris van Mosselbaai Barbarians, berig dat dié klub aanstaande seisoen 25 jaar oud word en dat `n uithanggeleentheid om die besonderhede bekend te maak 28 Januarie in die saal van die Diazstrand-hotel aangebied word.

♦ José Petersen is by die klub se afgelope prysuitdeling as die sportman van die jaar asook die beste agterspeler aangewys. Winston Seconds was die beste voorspeler.

Chester Mitchell was die Barbarians se mees toegewyde speler en het op die koop toe vanjaar die meeste drieë vir die klub gedruk; terwyl Barend Alexander die beste gevorder het.

Kervin Taute was die junior sportman van die jaar en Justin Bhana het `n spesiale toekenning verwerf.

Shaun London was die B-span se beste agterspeler en Collin van Briesies die beste voorspeler. Rayvian Wesso het die beste gevorder.

In die C-span was Leolan Mondoe die beste agterlangs en Elhmere Claassen voor. Reagan Pienaar het die beste vordering getoon.

Nuwe bestuur

Die Barbarians se nuwe bestuur sien so daaruit: Alvizo Erasmus (voorsitter), Preston Jacobs (adjunk-voorsitter), Melvine Rossouw (hulppenningmeester), Edward Maart (sekretaris), Angelo Erasmus (hulpsekretaris), Adrian Cupido (klubkaptein), Jessica Brown, Freddie Vaaltyn, Johnie Moolman, Susan Seconds en Danny Saayman (bykomende lede).

Roy Sparks, wat tot penningmeester verkies is, het intussen weens werkdrukte bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.