Kwarteind: Crusaders, Highlanders trek groot kanonne nader

Dit word nie hardop gesê nie, maar die Britse en Ierse Leeus-toer het die Nieu-Seelandse spanne erg beduiwel in die Superrugbyreeks.

Die Crusaders, wat noodgedwonge ʼn paar van hul All Blacks ná die toetsreeks moes rus vir verlede Saterdag se kragmeting met die Hurricanes (wat hulle met 22-31 verloor het), is terug op volle sterkte vir Saterdag se kragmeting in die uitspeelronde teen die Highlanders in Christchurch (09:35).

Hulle het ʼn duur prys betaal en met die neerlaag hul onoorwonne vertoningslys en eerste plek op die puntelys ingeboet.

Die afrigter, Scott Robertson, het altesaam agt veranderings, waarvan ʼn hele paar posisioneel is, aangebring aan die span wat teen die Hurricanes verloor het.

Van die belangrikste skuiwe is dié van die terugkerende All Black-voorry van Joe Moody, Codie Taylor en Owen Frank, asook die kaptein en slot, Sam Whitelock. Agterlangs keer Ryan Crotty ná sy besering terug as senter en Israel Dagg skuif vleuel toe.

Die Highlanders het hul All Black-heelagter, Ben Smith – hy het toe nie harsingskudding in die tweede toets teen die Leeus opgedoen nie, maar slegs kwaai oorontsteking gehad – weer nader getrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.