Kwarteindstryd: skaal kantel in Crusaders se guns

Wanneer jy vir ʼn uitspeelwedstryd voorberei, is dit die klein dingetjies wat met jou kop kan smokkel, soos wanneer jou vlug weens gure weer gekanselleer of vertraag word.

Dis wat die Highlanders Vrydagmiddag (Nieu-Seelandse tyd) getref het toe die span van die Otago-lughawe na Christchurch sou vertrek vir Saterdag se kwarteindstryd van die Superrugbyreeks teen die Crusaders.

Hulle sou toe later in die aand met ʼn huurvlug na Christchurch gereis het, omdat die laaste twee vlugte vol was.

Die skade is reeds gedoen, jou aandag is afgetrek en daar is ander dinge wat in jou kop maal.

Dalk wou die span vir oulaas hul skoppe gaan oefen, dalk wou hulle op die sopnat veld rondstap, maar die spanpraatjie wat gehou sou word, is nou af- of uitgestel.

Boonop kry die Highlanders met ʼn Crusaders-span te doen wat met goeie rede alles in die stryd gaan werp.

Hulle voel hulle is ingedoen toe hulle verlede Saterdag sonder ʼn hele paar All Blacks teen die Hurricanes moes speel en hul onoorwonne vertoningslys ingeboet het.

As hulle bly wen, beteken dit is Ellispark toe vir ʼn moontlike eindstryd – mits die Lions natuurlik ook aanhou wen.

Die spanne vir Saterdag se kwarteindstryd in Christchurch het vanjaar reeds vier keer teen mekaar gespeel en ken mekaar se swak- en sterk punte. In die twee ligawedstryde het die Crusaders albei kere deurgeskraap, maar ek glo dié keer sal hul ervaring dit kan deurtrek vir ʼn halfeindstryd teen die Chiefs of Stormers.

Die spanne –

Crusaders
15 David Havili, 14 Israel Dagg, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 Seta Tamanivalu, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Kieran Read, 7 Matt Todd, 6 Jordan Taufua, 5 Sam Whitelock (kapt.), 4 Scott Barrett, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Joe Moody.  Bank: 16 Ben Funnell, 17 Wyatt Crockett, 18 Michael Ala’alatoa, 19 Luke Romano, 20 Pete Samu, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 George Bridge.

Highlanders: 15 Ben Smith (kapt.), 14 Waisake Naholo, 13 Malakai Fekitoa, 12 Rob Thompson, 11 Richard Buckman, 10 Lima Sopoaga, 9 Aaron Smith, 8 Luke Whitelock, 7 James Lentjes, 6 Liam Squire, 5 Tom Franklin, 4 Jackson Hemopo, 3 Siate Tokolahi, 2 Liam Coltman, 1 Daniel Lienert-Brown. Bank: 16 Ash Dixon, 17 Aki Seiuli, 18 Siosuia Halanukonuka, 19 Alex Ainley, 20 Gareth Evans, 21 Elliot Dixon, 22 Kayne Hammington, 23 Marty Banks.

Afskop: 09:35.
Verwagte weer:  Reën.
Skeidsregter: Angus Gardner (Australië).
Assistent-skeidsregters: Ben O’Keeffe en Mike Fraser (albei Nieu-Seeland).
TV-skeidsregter: Glenn Newman (NS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

job jobson ·

Die crusa se eer is gekrenk n gaan hulle speel met die duiwel wat in die onderbroek spook, maar die highmanne kan hulle troef- moontlik i 2de verloor vir Sam Looselock.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.