KwaZulu-Natalse ligarugby skop feestelik af

Kingspark in Durban is Saterdag die feestelike fokuspunt van klubrugby in die bond wanneer die meeste Premier- en Eerste Ligaspanne by die Wahl Bartmann-rugbydag in aksie is.

Die bond se Moorbeker-kampioen, College Rovers, speel in die hoofwedstryd teen Crusaders van Northwood, en hoewel laasgenoemde sterk teenstand behoort te bied, lyk dit of Rovers sy seisoen met ʼn sege kan begin.

Dieselfde geld vir Durban Collegians wat teen South Coast Warriors (SCW) van Uvongo te staan kom. Die span van die Suidkus kan ʼn handvol wees, maar Collegians behoort te wen.

Die kragmeting tussen Amanzimtoti en Jaguars van Sydenham kan een van die mededingender tweestryde van die dag oplewer.

Die vroeë bepaling tussen Newcastle Highlanders en Varsity College (VC) kan veral ʼn aanduiding gee tot watter mate die Noord-Natalse klub sy ernstige beseringsprobleme van verlede jaar te bowe gekom het.

Die Eerste Liga-kampioen, Hillcrest Villagers, begin die liga met ʼn goeie wenkans teen Queensburgh.

Harlequins is die gunsteling teen Pietermaritzburg Collegians; en die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) kan Westville Old Boys (WOB) ʼn harde neut vind om te kraak.

Die program –

Stadion
10:30 Varsity College teen Newcastle
12:00 Toti teen Jaguars
13:30 Durban Collegians teen SCW
15:30 College Rovers teen Crusaders

KP2
12:00 VC II teen Newcastle II
13:30 Toti II teen Jaguars II

KP3
12:00 Queensburgh teen Hillcrest
13:30 Rovers II teen Crusaders II

KP6
12:00 Harlequins teen Maritzburg Collegians
13:30 Quins II teen Maritzburg Collegians II

KP8
12:00 UKZN teen WOB
13:30 UKZN II teen WOB II

KP10
10:30 Durban Collegians II teen SCW II
12:00 Queensburgh II teen Hillcrest II

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.