Kyk na die groter prentjie met Biggar

’n Verskynsel wat jy glo nie te gereeld in die tweede toets gesien het nie: Dan Bigger wat die bal aangee. Foto: David Rogers/AFP.

Daar is baie die afgelope ruk in die media oor die Springbokke se sogenaamde “vervelige” benadering tot rugby gesê.

Joernaliste en rugbyondersteuners kla oor die alewige skoptaktiek, terwyl Warren Gatland (afrigter van die Britse en Ierse Leeus) sê dat die Bokke met opset na maniere soek om ’n wedstryd onnodig uit te rek.

Maar hier volg ’n kort lewensles: Soms moet jy eers hand in eie boesem steek voordat jy iemand anders kritiseer.

Volgens wedstrydontleders het Dan Biggar, die Leeus se Walliese losskakel, slegs drie keer die bal in die tweede toets laat loop. Nou nie juis ’n advertensie vir hardlooprugby nie, of hoe?

Tog meen Greg Townsend, die besoekers se aanvalsafrigter, dat daar na die groter prentjie met Biggar gekyk moet word.

“Ons het ’n hele paar keer die bal in die Bokke se helfte geskop. Party keer het dit gewerk, ander keer nie,” het Townsend gesê.

Volgens die 48-jarige Skot het Ali Price (skrumskakel) die meeste van die werk gedoen het, wat beteken dat Biggar in elk geval nie veel van die bal gesien het nie. Hy erken egter dat die Leeus meer dinge op die aanval kon probeer het, terwyl hy ook vir die beleërde losskakel in die bresse getree het.

“As jy na Dan se aangee-statistiek kyk, moet jy onthou dat hy nie baie lank in die tweede helfte op die veld was nie. Ek dink trouens nie een van die Leeus-spelers het veel van die bal in daardie helfte gesien nie en ons is eintlik baie tevrede met sy besluitneming in die nommertientrui.

“Die aantal kere wat ’n losskakel ’n bal in ’n wedstryd aangee, maak nie van hom ’n goeie of ’n slegte speler nie. Jy moet ook na sy verdediging en stelskopwerk kyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Anton

Gee haar ‘n Oscar :-)