KZN: kampioen kry slae; Vryheid skud Newcastle

sharks-clubs-logoVerlede jaar se Murraybeker-kampioen (en vanjaar die wenner van die Premierliga) is Saterdag in die kwarteindronde van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se uitklopreeks uitgeskakel.

Durban Collegians het College Rovers 23-21 geklop in die jongste hoofstuk van die naelbytstryd die afgelope jaar of wat tussen die twee spanne.

Die grootste skok van die naweek is egter die loesing van 101-5 wat die Eerste Liga-klub Vryheid die Premierligaklub Newcastle Highlanders in die reeks om die Junior Murraybeker toegedien het. Die Highlanders is vanjaar buitengewoon erg deur beserings getref, en is nie naastenby die span wat verlede jaar rugby in Noord-Natal oorheers het nie.

In die res van die Murraybeker-wedstryde het Amanzimtoti vir Crusaders 31-27 geklop; South Coast Warriors het Varisty College 25-18 geklop; en UKZN Impi het die Jaguars 22-15 uitgeskakel.

In die uitklopreeks om die Peter Taylorbeker (Premierliga Reserwes) het Collegians vir Rovers 34-17 geklop; Amanzimtoti het 15-13 teen Crusaders gewen; en Varsity College het Warriors 50-19 verslaan.

Die Zululand Rhinos van Empangeni het Richardsbaai 54-22 in die Junior Murraybeker-reeks geklop; en Sentraal van Dundee het punte teen Hillcrest Villagers gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.