KZN-klubs: Premierliga kry nuwe struktuur

sharks-clubs-logoDie KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se topliga, die Premierliga om die Moorbeker, kry vanjaar `n nuwe struktuur.

Met die drie nuwe klubs wat die getal spanne tot 11 opstoot, val die dubbelronde-formaat weg wat gegeld het toe daar net agt senior klubs was.

Albert Hanekom, die bond se bestuurder van klubrugby, sê daar sal `n opstellende ronde wees, waarna die topses en onderste vyf van mekaar geskei sal word.

Jaguars (Durban), South Coast Warriors (Uvongo) en Highlanders (Newcastle) is die drie nuwelinge in die Premierlliga.

Die Premier- en Eerste Liga begin op 2 April en die bepalings behoort binnekort beskikbaar gestel te word.

As gevolg van die uitbreiding van die liga word Jaguars die eerste swart span om aan die Premierliga deel te neem.

Dit kan as `n pluimpie vir die KZNRU se ontwikkelingsprogram beskou word.

Hanekom sê dit lyk op dié tydstip of die bond 27 ontwikkelingsklubs, met die Jaguars die hoofkwartier, sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.