KZN-liga: bepalings vir uitklop Maandag bekend

kzn middellandDie bepalings vir die KwaZulu-Natalse Middellandse Subunie se uitklopreeks om die Hiltonbeker behoort Maandag bekend te wees.

Dit skop op Vrydag 1 Julie af.

Die laaste wedstryd in die rondomtaliereeks om die Crowebeker (Derde Liga) is Vrydag tussen die 2015-kampioen, Drakensberg van Winterton, en UKZN III van Pietermaritzburg.

Ladysmith kan nie meer in die reeks geklop word nie en sal ná Vrydag as die nuwe kampioen gekroon word.

Obhejane het vroeër die Rawbeker (Vierde Liga) gewen.

Greytown het die afgelope Vrydag sy eerste ligapunte verdien deur 17-17 met UKZN gelykop te speel.

Voortrekker-oudleerlinge van Pietermaritzburg het punte teen Drakensberg gegee.

Opgesomde punteleer –

Crowebeker

Ladysmith 35, Drakensberg 29, Voortrekker-oudleerlinge 17, UKZN III 9, Greytown 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.