KZN-liga: College Rovers stu onstuitbaar voort

Daar is eenvoudig geen keer nie aan College Rovers, die verdedigende kampioen in die KwaZulu-Natalse Premierliga.
Die Moorbekerhouer het Richardsbaai in die jongste weekronde met 80-0 opgefrommel.

Laasgenoemde het tot dusver as nuweling in die liga besonder sterk vertoon.

Durban Collegians, die bond se uitklopkampioen, het ʼn wegholoorwinning van 47-15 oor Northwood Crusaders behaal; en Amanzimtoti het Varsity College (VC) met 20-17 getroef.

Ander uitslae –

Premierreserweliga

Rovers 74, Richardsbaai 7; Collegians 19, Crusaders 7; VC 60, Toti 21.

Premierliga (Onderste vyf)

UKZN Impi 48, South Coast Warriors (SCW) 0.

Premierreserweliga (Onderste vyf)

Impi 39, SCW 20.

Eerste Liga (Suid)

Hillcrest 33, Harlequins 12; Westville Old Boys (WOB) 17, Durban Mets 12; Ballito Dolphins 34, Queensburgh 0.

Eerste Liga-reserwes (Suid)

Hillcrest 26, Quins 17; WOB 36, Mets 19; Ballito kry punte teen Queensburgh.

Onder 20A-liga

VC 34, Collegians 17.

Onder 20B-liga

VC 14, Collegians 8.

Derde Liga

Rovers 29, Claremont 12.

Vyfde Liga

Scottburgh 106, Berea Tech/Jaguars 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae