KZN-liga: Collegians toon indrukwekkende diepte

kznruDie KwaZulu-Natalse Premierliga-kampioen en Goue Bekerspan, Durban Collegians, toon indrukwekkende diepte in die bond se ligas.

Behalwe die eerste span, wat naelskraap tweede in die reeks om die Moorbeker is, loop die klub se spanne voor in elke enkele liga waaraan hul deelneem.

Dit is die Premierliga-Top5-Reserwes, die Derde Liga en albei o.20-ligas.

In die reeks om die Moorbeker is Collegians net twee ligapunte na die voorloper, College Rovers, en dit lyk of die weeromwedstryd tussen die twee spanne deurslaggewend kan wees.

Northwood Crusaders, die voorloper in die Premierliga Onderste 5, loop ook in dié reeks se Reserwe-afdeling voor.

Ander voorlopers is Richardsbaai [Eerste Liga (Suid)], Westville Old Boys [Eerste Liga Reserwes (Suid)], Amanzimtoti (Vierde Liga) en Clermont (Vyfde Liga).

Opgesomde punteleer –

Premierliga-Top5 (Moorbeker)

Rovers 28, Collegians 26, Amanzimtoti 15, UKZN Impi 8, Varsity College 2.

Premierliga Onderste 5

Crusaders 26, Jaguars 24, Zululand Rhinos 17, South Coast Warriors 14, Newcastle Highlanders 6.

Premierliga-Top5-Reserwes (Wyliebeker)

Collegians 29, Rovers 24, Toti 16, Varsity College 11, UKZN Impi 0.

Premierliga Onderste 5 Reserwes

Crusaders 31, Highlanders 20, Jaguars 14, Rhinos 12, SCW 7.

Eerste Liga (Suid)

Richardsbaai 54, Hillcrest 48, WOB 40, Ballito Dolphins 32, Pietermaritzburg Collegians 28, Harlequins 23, UKZN Durban 16, Durban Mets 4.

Eerste Liga Reserwes (Suid)

WOB 53, Richardsbaai 49, Hillcrest 44, Harlequins 31, Pietermaritzburg Collegians 18, Ballito 16, Mets 4.

Durban-subunie (DRSU) Derde Liga (Walkerbeker)

Collegians 44, Queensburgh 33, Crusaders 28, Rovers 16, Pinetown 16, Kwantu Spears 10, Amabubesi 1.

DRSU Vierde Liga (Foadenbeker)

Toti 33, VC 29, Mangosuthu-universiteit 23, Hillcrest 10, Ogwini Bafana 1.

DRSU Vyfde Liga (CF Glewbeker)

Clermont 44, Scottburgh 40, Reservoir Hills 22, Queensburgh 20, Seskhona 6, Jaguars Berea Tech 6.

O.20A-liga (Frank Norrisbeker)

Collegians 35, Rovers 20, VC 19, Crusaders 10, UKZN Durban 5, SCW 1.

O.20B-liga (Kingspark-uitdaagbeker)

Collegians 30, VC 25, Quins 17, Rovers 15, Rhinos 5, Highlanders 1.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.