KZN-liga: Crusaders, Impi in genadelose stryd

crusaders northwoodGetrou aan die krygersafkoms waarop hul name sinspeel, het Crusaders van Northwood en UKZN Impi mekaar Donderdag genadeloos die stryd in die KwaZulu-Natalse Premierliga aangesê.

Crusaders het uiteindelik die enigste kragmeting die afgelope naweek in die topreeks 14-13 gewen.

Jos Robson, die KZN-klubliga se skakelman, laat weet die vleuel Chris van Niekerk het Crusaders se drie gedruk, Bakkies Janse van Rensburg, die losskakel, het `n straf- en `n skepdoel behaal, en die senter Jeandré Small het `n skepdoel bygevoeg.

Impi se drie is deur die kaptein en senter, Gavin Nyawata, gedruk. Die skrumskakel, Jaywinn Juries, het twee strafdoele en `n doelskop aangeteken.

t Met die Jaguars en South Coast Warriors wat deesdae Premierligarugby speel, is Richardsbaai die voorloper in die Eerste Liga (Suid).

Hy is die einigste onoorwonne span in die liga nadat hy Hillcrest Villagers 22-8 geklop het.

Ander uitslae –

Premierliga Reserwes (Wyliebeker)

Crusaders 26, UKZN Impi 0.

Eerste Liga Reserwes (Suid)

Hillcrest 22, Richardsbaai 12.

O.20A-liga (Frank Norrisbeker)

Varsity College 43, South Coast Warriors 17; Crusaders teen College Rovers (uitgestel); UKZN Durban gee punte teen Durban Collegians.

O.20B-liga (Kingspark-uitdaagbeker)

Durban Collegians 45, Harlequins 21; Newcastle gee punte teen College Rovers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.