KZN-liga: Dewarskild kry nuwe baas

Hillcrest (blou) en Vryheid (maroen) spook sake om die Dewarskild uit. (Foto: Twitter)

Die Kwaulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Dewarskild het Saterdag op Kingspark ʼn nuwe baas gekry.

Hillcrest Villagers, die wenner van die Eerste Liga (Suid), het Vryheid, die wenner van die Eerste Liga (Noord), met 36-18 verslaan.

Om die dubbeldoor te voltooi het Hillcrest II met 26-13 oor Vryheid II getriomfeer om die Brian Irvinebeker te wen.

Richardsbaai, wat die skild verlede jaar verower het, is sedertdien tot die bond se Premierliga bevorder, en het `n baie goeie seisoen beleef om uiteindelik vir die Topsesreeks in aanmerking te kom.

Hy het juis Saterdag met 34-17 met een van die meer gerekende spanne, Northwood Crusaders, klaargespeel.

Die laaste ronde van die Premierliga (Moorbeker) word eerskomende Saterdag besleg, met die beslissende wedstryd tussen die verdedigende kampioen, College Rovers, en die vorige titelhouer, Durban Collegians.

Ander uitslae –

Premierliga-topses

College Rovers 31, Amanzimtoti 13; Durban Collegians 26, Varsity College (VC) 15.

Premierreserweliga-topses

Rovers 72, Toti 7; Collegians 47, VC 7; Crusaders 31, Richardsbaai 12.

Premierliga (Onderste Vyf)

Zululand Rhinos 20, UKZN Impi 17; South Coast Warriors (SCW) 52, Jaguars 12.

Premierreserweliga (Onderste Vyf)

Impi 34, Rhinos 31; SCW 25, Jaguars 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.