KZN-liga: groentjie verras in Premierliga

Die groentjie in die KwaZulu-Natalse Premierliga het Saterdag grootliks verras in die derde naweekronde van vanjaar se reeks.

Richardsbaai het naelskraap met 21-20 teen Varsity College gewen, maar ʼn duidelike waarskuwing aan veral die onderste spanne in die liga gerig.

Die Moorbekerhouer, College Rovers, het met 19-0 oor Amanzimtoti geseëvier; en Crusaders (Northwood) het met 50-14 teen Newcastle gewen – vir laasgenoemde ʼn aansienlike verbetering op sy vorige twee loesings in die reeks.

Dit lyk of UKZN Impi in ʼn mate van sy skok-100-nederlaag teen Westville Old Boys (WOB) herstel het. Hy het Jaguars (Sydenham) met 33-22 reggesien.

In die ander Premierligawedstryd het die Zoeloeland Rhinos (Empangeni) met 38-34 teen South Coast Warriors (Uvongo) gewen.

WOB en Hillcrest United het hul segetog in die Eerste Liga voortgesit.

Westville het met 55-0 oor Pietermaritzburg Collegians getriomfeer; en Hillcrest het met 33-9 teen Durban Mets gewen.

Harlequins het Ballito Dolphins op die Bluff met 15-12 geklop.

Ander uitslae –

Premierligareserwe (Wyliebeker)

College Rovers 52, Amanzimtoti 14; UKZN Impi 25, Jaguars 22; Varsity College 23, Richardsbaai 3; Crusaders 50, Newcastle 0; Zululand Rhinos 24, South Coast Warriors 7.

Eersteligareserwe

Hillcrest 41, Durban Mets 10; Westville 50, Pietermaritzburg Collegians 0; Harlequins 36, Ballito Dolphins 12.

Derde Liga (Walkerbeker)

College Rovers 12, Amabhubeshi 7; Durban Collegians 21, Cleremont 5.

Vierde Liga (Foadenbeker)

Hillcrest 14, Ogwini 5.

Middelland- Derde Liga (Crowebeker)

Ladysmith Bulldogs 48, Greytown 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.