KZN-liga: Highlanders pak nuwe status met erns

Andre Swanepoel - Newcastle Highlanders se afrigter (Foto: newcastleadvertiser.co.za)

Andre Swanepoel – Newcastle Highlanders se afrigter (Foto: newcastleadvertiser.co.za)

Boschpick Newcastle Highlanders pak sy nuwe Premierligastatus met erns aan en `n 40 stuks spelers oefen reeds sedert 4 Januarie om vir die nuwe uitdaging voor te berei.

Die klub se hoofafrigter, André Swanepoel, sê daar word hard gewerk aan vaardighede in samehang met krag en vaart

Die Highlanders is een van drie spanne – Jaguars en South Coast Warriors is die ander twee – wat tot die KwaZulu-Natalse topliga bevorder is.

Swanepoel sê die spelers beskou die geleentheid as `n uitdaging en aanvaar dit so. Hulle oefen hard om `n sukses van die geleentheid om in die liga te speel te maak.

Van verlede jaar se span is net Innis Visser (flank) weg. Hy het Nieu-Seeland toe geëmigreer.

Johan Esterhuizen (losskakel) en Alister Keet (flank) is goed aan `t herstel ná onderskeidelik `n enkel- en knie-operasie. Hulle behoort teen April gereed te wees.

Pieter Terblanche (linkervleuel) is terug ná `n besering hom verlede jaar omtrent die hele seisoen van die veld gehou het.

Nuwe gesigte was daar nog nie regtig nie, sê Swanepoel, maar Prince Mofokeng (binnesenter) wat vir Griekwas se amateurspan en vir Sishen in die reeks om die Gemeenskapsbeker gespeel het, het by die klub ingeval. Hy is `n boorling van Newcastle en het voorheen ook vir die Sharks se o.21-span en KZN-platteland se amateurs uitgedraf.

Highlanders beplan vriendskaplike wedstryde teen Piet Retief, Pietermaritzburg Collegains, Amanzimtoti en Ermelo. Die datums sal bevestig word, maar sal reeds teen 5 Maart begin word.

Swanepoel sê die klub stel hom ten doel in die toekoms `n o.20-span by die klub te begin, want baie spelers raak ná skool weg omdat die gaping te groot is tussen skool en senior klub rugby te speel.

Daar word Maandae, Dinsdae en Donderdae geoefen.

t Die klub bied van einde Januarie af Vrydae `n raakrugbyreeks aan. Die gedagte is om ook skolespelers aan die klubkultuur bloot te stel en spanne van o.10 tot op senior vlak sal tot einde Februarie daaraan deelneem.

Navrae kan aan Swanepoel by 083 717 2152 gerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.