KZN-liga: Hillcrest klop dou én Durban Mets

hillcrestnewDie houer van die Junior Murraybeker moes Saterdag nie net Durban Mets in die KwaZulu-Natalse Eerste Liga (Suid) baasraak nie, maar ook `n swaar douneerslag wat hanteerwerk bemoeilik het.

Land Rover Durban Hillcrest Villagers het hom uiteindelik knap van sy taak gekwyt en 38-5 gewen.

Danielle Audibert, die woordvoerder van Hillcrest, sê dit was `n vrugbare dag vir die klub en al drie spanne het bonuspunte verdien.

“Die eerste span moes aanvanklik hard teen `n moedige Mets moes spook, wat nie sommer wou tou opgooi nie.

“In die tweede helfte het Villagers sy tempo versnel en in weerwil van die talle douverwante hanteerfoute het hy mettertyd die sluise oopgetrek en vinnig vyf drieë gedruk, het sy aan Pale Toe! gesê.

Trevor Mvundura en Henk Groenewald was die spelers van die wedstryd.

Villagers se tweede span het ewe oortuigend 31-10 gewen, met Tyrone Baker en Nathi Gono die uitblinkers.

Hillcrest Villagers se derde span het Saterdag Pinetown II totaal oorheers en 39-10 geklop.

Die spelers van die wedstryd was Dylan Jones en Brad Kay.

Middelland-subunie

♦ Ladymith het Vrydag sy eerste plek in die Middellandse Subunie se reeks om die Crowebeker verstewig deur 14 drieë te druk en Greytown 94-0 te klop.

Die tussensubunie-kampioen en houer van die Findlaybeker, Drakensberg van Winterton, het UKZN III 26-15 geklop nadat hy verlede week voor Ladysmith geswig het.

♦ Obhejane is nog nie geklop in die reeks om die Rawbeker nie en het Vrydag 19-3 met Howick Eagles afgereken.

Cedara het die Nagle Dam Rhinos 27-17 geklop.

Ander uitslae –

Premierliga (Moorbeker)

Durban Collegians 41, Varsity College 9; College Rovers 72, Crusaders 11; UKZN Impi 15, Amanzimtoti 13, Jaguars 5, South Coast Warriors 3; Zululand Rhinos 38, Newcastle Highlanders 10.

Premierliga Reserwes (Wyliebeker)

Durban Collegians 15, Varsity College 3; College Rovers 36, Crusaders 8; Amanzimtoti 58, UKZN Impi 0; Jaguars 22, South Coast Warriors 19; Newcastle Highlanders 25, Zululand Rhinos 22.

Eerste Liga Reserwes (Suid)

UKZN Durban 11, Harlequins 10.

Derde Liga (Walkerbeker)

Durban Collegians 24, College Rovers 0.

Onder 20A-liga

College Rovers 29, Varsity College 13; Durban Collegians 40, Crusaders 26.

Opgesomde punteleer (Middelland)

Crowebeker

Ladysmith 10, Drakensberg 5, UKZN III 2, Voortrekker-oudleerlinge 2, Greytown 0.

Rawbeker

Obhejane 8, Cedara 6, Howick Eagles 4, Nagle Dam Rhinos 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.