KZN-liga: interessante tweestryde lê voor

college roversDie KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se ligas stuur op `n klompie interessante tweestryde af.

Boaan die lys is die Moorbeker-kampioen en die bond se Goue Bekerspan se sending om sy topplek te herwin ná sy nederlaag teen College Rovers.

Rovers loop tans voor met 23 ligapunte teenoor Collegians se 21.

Tussen die Onderste 5 jaag een van die drie nuwelinge in die Premierliga, Jaguars van Durban die voorloper, Northwood Crusaders.

Crusaders het 21 punte en Jaguars 19.

Wat dié Top5 se Reserwe-afdeling betref, is Toti (10), Varsity College (7) en Collegians (5) in `n driehoekstryd gewikkel.

Newcastle Highlanders (10) is die onoorwonne voorloper tussen die Onderste 5 se Reserwes. Crusaders (7) is sy vernaamste uitdager.

Richardsbaai (44) en Hillcrest Villagers (43) spook sake in die Eerste Liga (Suid) uit, met `n driehoekstryd tussen Westville Old Boys (48), Richardsbaai (44) en Hillcrest (40) aan die opbou in die afdeling se Reserwes.

richardsbaaiDurban Collegians (39) is gerieflik voor Durbanse Subunie se Derde Liga (Walkerbeker), maar Queensburg en Crusaders (albei 28) keil mekaar om die tweede plek op.

Toti (31) is op sy beurt voor in die subunie se Vierde Liga (Foadenbeker) met die Mangosuthu-universiteit en Varsity College (albei 24) wat die tweede plek uitspook.

Clermont (44) en Scottburgh (40) is die gunstelinge om die Vyfde Liga (CF Glewtrofee) te wen.

Durban Collegians, wat reeds die O.20A-uitklopreeks gewen het, is goed op pad om ook die Frank Norristrofee te wen.

In die B-afdeling word Collegians gedaag deur Varsity College wat die B-uitklopreeks gewen het.

Opgesomde punteleer –

Premierliga-Top5 (Moorbeker)

College Rovers 23, Durban Collegians 21, Amanzintoti 14, UKZN Impi 8, Varsity College 2.

crusaders northwoodPremierliga Onderste 5

Crusaders 21, Jaguars 19, Zululand Rhinos 17, South Coast Warriors 14, Newcastle Highlanders 6.

Premierliga Reserwes Top5

Amanzimtoti 10, Varsity College 7, Durban Collegians 5, UKZN Impi 0, College Rovers 0.

Premierliga Reserwes Onderste 5

Newcastle Highlanders 10, Crusaders 7, South Coast Warriors 5, Jaguars 0, Zululand Rhinos 0.

Eerste Liga (Suid)

Richardsbaai 44, Hilcrest 43, Westville Old Boys 35, Ballito Dolphins 31, Pietermaritzburg Collegians 27, Harlequins 19, UKZN Durban 16, Durban Mets 4.

Eerste Liga Reserwes (Suid)

Westville Old Boys 48, Richardsbaai 44, Hillcrest 40, Harlequins 26, UKZN Durban 25, Pietermaritzburg Collegians 19, Ballito Dolphins 16, Durban Mets 4.

Durbanse Subunie (DRSU) Derde Liga (Walkerbeker)

Durban Collegians 39, Queensburgh 28, Crusaders 28, College Rovers 15, Pinetown 12, Kwantu Spears 6, Amabubeshi 0.

DRSU Vierde Liga (Foadenbeker)

Toti 31, Mangosuthu 24, Varsity College 24, Hillcrest 10, Ogwini Bafana 1.

DRSU Vyfde Liga (CF Glewtrofee)

Clermont 44, Scottburgh 40, Reservoir Hills 22, Queensburgh 20, Seskhona 6, Jaguars Berea Tech 6.

Onder 20A-liga (Frank Norristrofee)

Durban Collegians 35, College Rovers, 20, Varsity College 19, Crusaders 10, UKZN Durban 5, South Coast Warriors 1.

Onder 20B-liga (Kingspark-uitdaagtrofee)

Durban Collegians 30, Varsity College 25, Harlequins 17, College Rovers 15, Zululand Rhinos 5, Newcastle Highlanders 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.