KZN-liga: Murraybeker in bykomende tyd beslis

Dit was nie altyd maklik vir Durban Collegians teen Amanzimtoti nie. (Foto: Graham Daniel/369 Communicatins.)

Dit was nie altyd maklik vir Durban Collegians teen Amanzimtoti nie. (Foto: Graham Daniel/369 Communicatins.)

Saterdag se eindstryd tussen Durban Collegians en Amanzintoti in die KwaZulu-Natalse uitklopreeks om die Murraybeker is eers in bykomende tyd beslis.

Toti het vriend en vyand verrras deur aan die einde van die normale speeltyd 13-13 gelykop met Collegians te trek.

Hy kon egter nie die pas in bykomende tyd volhou nie, en Collegians het uiteindelik 31-13 gewen.

Die Eerste Liga-klub Landrover Durban Hillcrest Villagers het op sy beurt verrassend daarin geslaag om die Junior Murraybeker te behou deur die Premierliga-klub Zululand Rhinos (Empangeni) 36-35 te klop.

Rene Missen, die voorsitter van Hillcrest, sê Rhinos was noodwendig die gunsteling, maar Hillcrest was gewis nie van plan om sy titel af te staan nie.

Hillcrest Villagers - die vreugde van `n kampioen. (Foto: Kerrith Howes)

Hillcrest Villagers – die vreugde van `n kampioen. (Foto: Kerrith Howes Photography)

“Hillcrest het die groot skare verstom deur vinnig `n paar drieë te druk en vroeg-vroeg die voortou te neem.

“Twee opeenvolgende geel kaarte het beteken Villagers moes met 14 man teen `n vasberade Rhinos-span vasbyt, wat die geleentheid ten volle benut het,” het Missen aan Pale Toe! gesê.

“Rhinos het stadig maar seker hul aanspraak versterk en binne `n punt van `n gelykop uitslag af gekom, maar Villagers se welbekende durf en beslistheid het op die ou end die uitdaging afgeslaan.”

Alex Kleuwinghaus, Gerhard Botha, Brian Lewis, Brandon Waugh en Henkie Groenwald het Hillcrest se drieë gedruk. Kleuwinghaus het vier doelskoppe en `n strafdoel bygevoeg om sy bydrae op 16 te staan te bring.

Dis die vierde keer sedert die instelling van die Junior Murraybeker in 1911 dat Hillcrest dit wen. Die ander kere was 2001, 2002 en 2015.

Die wenspan se kaptein, Brian Lewis, het sy spanlede vir hul moedige vertoning geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.