KZN-liga: nog twee klubs palm reekstitels in

Northwood Crusaders III – wenner van die Walkerbeker. (Foto: Henry Sharky Rutherford)

Met die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se reekse wat end se kant toe staan, het nog twee klubs Saterdag ligabekers in hul kaste staan gemaak.

Hillcrest Villagers, wat met 42-5 teen Westville Old Boys (WOB) gewen het, het seker gemaak hy wen die Eerste Liga (Suid), en sal binnekort teen die wenner van die KZN-Noord-Subunie se Eerste Liga, Vryheid, sake om die Dewarskild uitspook.

Northwood Crusaders III het met ʼn sege van 25-24 oor College Rovers III die Walkerbeker (Derde Liga) ingepalm.

Crusaders IV het vroeër reeds die Foadenbeker (Vierde Liga) gewen.

Ander uitslae –

Premierliga (Onderse Vyf)

Zululand Rhinos 30, Jaguars 28; South Coast Warriors (SCW) 42, Newcastle 0.

Premierreserweliga (Onderste Vyf)

Rhinos 44, Jaguars 27; Newcastle 8, SCW 5.

Eerste Liga (Suid)

Ballito Dolphins 34, Pietermaritzburg Collegians 25; Queensburgh gee punte teen Durban Mets.

Eerste Reserweliga (Suid)

Ballito 21, Collegians 10; Hillcrest 38, WOB 22.

Derde Liga

UKZN gee punte teen Durban Collegians.

Vriendskaplik

Old School 68, Hillcrest III 0.

Opgesomde punteleer –

Premierliga (Topses)

College Rovers 38, Durban Collegians 35, Amanzimtoti 19, Carsity College 12, Crusaders 11, Richardsbaai 6.

Premierreserweliga (Topses)

Rovers 35, Collegians 32, VC 22, Toti 12, Crusaders 10, Richardsbaai 1.

Premierliga (Onderste Vyf)

UKZN Impi 26, Rhinos 20, Jaguars 16, Newcastle 16, SCW 15.

Premierreserweliga (Onderste Vyf)

Newcastle 28, UKZN 28, Rhinos 14, SCW 11, Jaguars 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.