KZN-liga: Rovers, Collegians bly op wenpad

College Rovers en Durban Collegians, wat KwaZulu-Natalse klubrugby die afgelope paar jaar oorheers het, is vanjaar steeds op die wenpad in die bond se Premierliga.

As wenners van verlede jaar se Premierliga is Rovers die houer van die Moorbeker, en Collegians het die Murraybeker in die bond se uitklopreeks gebuit. Albei het verlede jaar aan die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker deelgeneem.

Rovers het in die jongste weekronde stewig met 41-20 teen Richardsbaai, die nuweling in die reeks, gewen; en Collegians het Amanzimtoti oortuigend met 36-6 geklop.

Hillcrest Villagers en Westville Old Boys (WOB) is ook nog nie in die Eerste Liga geklop nie.

Hillcrest het Harlequins met 76-0 oorrompel; en WOB het met 48-5 teen Durban Mets gewen.

Ander uitslae –

Premierliga (Moorbeker)

UKZN Impi 19, Crusaders 19; Varsity College (VC) 65, South Coast Warriors (SCW) 7; Zululand Rhinos 36, Jaguars 26.

Premierreserweliga (Wyliebeker)

Collegians 26, Toti 12; Crusaders 15, UKZN Impi 10; SCW 52, VC 0; Rhinos 12, Jaguars 7; Rovers 74, Richardsbaai 0.

Eerste Liga

Ballito Dolphins 37, Queensburgh 20.

Eerste Liga-reserwe

Hillcrest 22, Quins 15; WOB 62, Mets 0; Ballito 37, Queensburgh 0.

Derde Liga (Walkerbeker)

Kwantu 12, Collegians 10.

Onder 20A-liga (Frank Norrisbeker)

Rovers 36, Crusaders 12; VC 64, Jaguars 10; UKZN 15, SCW 10.

Onder 20B-liga

Rovers 26, Crusaders 12; Rhinos 19, Toti 14.

Middelland

Derde Liga (Crowebeker)

Ladysmith Bulldogs 25, Drakensberg (Winterton) 12.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.