KZN-liga: twee honderdtalle in voorste reeks

Die KwaZulu-Natalse Premierliga het Saterdag twee honderdtalle opgelewer om weereens die kloof tussen die twee topspanne en die res uit te lig.

Die Murraybekerkampioen (uitklopreeks), Durban Collegians, het die Zululand Rhinos van Empangeni met 138-7 onthoring; en College Rovers, die Moorbekerkampioen (Premierliga), het die Jaguars se naels met 106-10 getrek.

Aan die keersy was daar twee baie mededingende wedstryde waarin UKZN Impi hard moes werk om Newcastle Highlanders met 24-22 te troef; en Crusaders van Northwood het ʼn taai stryd teen Amanzimtoti met 16-13 ondergesit.

Die nuweling in die reeks, Richardsbaai, het South Coast Warriors (SCW) oortuigend met 39-12 verslaan.

In die Eerste Liga (Suid) stoomroller Hillcrest Villagers voort, en het hy Pietermaritzburg Collegians met 48-0 oorweldig.

Ander uitslae –

Premierreserweliga

Rovers 86, Jaguars 0; Rhinos gee punte teen Collegians; Toti 14, Crusaders 12; Newcastle 27, UKZN Impi 7; Richardsbaai 32, SCW 12.

Eerste Liga (Suid)

Westville Old Boys (WOB) 57, Queensburgh 10; Harlequins 40, Durban Mets 0.

Eerste Liga-reserwes (Suid)

Hillcrest 31, Maritzburg Polisie 17; Queensburgh gee punte teen WOB; Quins 50, Mets 0.

Onder 20A-liga

Durban Collegians 35, UKZN 6; Rovers 88, Jaguars 5; Varsity College (VC) 57, SCW 5.

Onder 20B-liga

Durban Collegians 91, Rhinos 0; VC 105, Toti 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.