KZN Middellandliga: uitdagers ruil plekke om

Die sterkste uitdagers in KwaZulu-Natal se Middellandse Subunie se reeks om die Rawbeker het in die jongste weekronde plekke op die punteleer omgeruil.

Young Lions (Woodlands) is tweede ná sy oorwinning van 18-0 oor Howick Eagles; en die Nagle Dam Rhinos het na die derde plek toe gesak deurdat die voorloper en verdedigende kampioen, Obhejane (Edendale), hom met 38-5 verslaan het.

Eerskomende Vrydag se wedstryde, wat die tweede ronde in die reeks om die Crowebeker inlui, lyk nie of dit juis die plekke wesenlik sal beïnvloed nie.

Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg speel op Winterton teen Drakensberg; en die agteros, Greytown, speel weg teen die voorloper en verdedigende kampioen, Ladysmith.

Obhejane speel tuis teen Howick Eagles om die Rawbeker, en die Young Lions ontvang Cedara.

Laasgenoemde speel ook die Dinsdag daarna (6 Junie) teen Howick.

Ander uitslae –

Crowebeker (Derde Liga)

Voortrekker-oudleerlinge 29, Ladysmith 24, Drakensberg 40, Greytown 24.

Rawbeker (Vierde Liga)

Young Lions 26, Nagle Dam Rhinos 17.

Opgesomde punteleer –

Crowebeker

Ladysmith 25, VOL 19, Drakensberg 10, Greytown 5.

Rawbeker

Obhejane 20, Young Lions 14, Nagle Dam Rhinos 12, Howick Eagles 8, Cedara 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.