KZN-Middellandse kampioene behou hul titels

Albei die verdedigende kampioene in die ligas van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Middellandse Subunie (MRSU) het hul titels behou.

Ladysmith se sege van 49-14 oor Drakensberg van Winterton het verseker dat hy weer die Crowebeker (Derde Liga) wen, nadat hy laasgenoemde span verlede jaar as titelhouer onttroon het.

Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg het sy tweede plek bevestig deur Greytown met 27-12 te klop.

Obhejane van Imbali het nes verlede jaar die Rawbeker (Vierde Liga) gemaklik gewen.

In die laaste wedstryd vanjaar in die reeks het Young Lions van Woodlands, Pietermaritzburg, vir Cedara met 20-0 geklop.

Uitklopreekse

♦ Die spanne kry ʼn kort blaaskans voor die eerste skote in die uitklopreekse Saterdag 8 Julie in die Woodburnstadion, Pietermaritzburg, klap.

Om die Hiltonbeker (Derde Liga) pak VOB en Drakensberg mekaar om 14:00, en Ladymsith en Greytown om 15:00.

Die Boet Wesselsbeker (Vierde Liga) word terselfdertyd op die B-veld betwis. Young Lions speel 14:00 teen Nagle Dam Rhinos, en Obhejane durf 15:30 die Howick Eagles aan.

Opgesomde punteleer (finaal) –

Crowebeker

Ladysmith 40, VOL 25, Drakensberg 19, Greytown 5.

Rawbeker

Obhejane 35, Young Lions 22, Nagle Dam Rhinos 17, Cedara 13, Howick Eagles 8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.