KZN: Piet Retief kry harde neut om te kraak

piet retiefPiet Retief kry `n harde neut om te kraak in die hoofwedstryd van sy rugbydag op 27 Februarie as hy die wenner van die Pumas se Hoëveldliga die stryd aansê.

Ermelo het op die ou end ook verras deur Afdeling BB van die bond se superliga te wen, wat twee spanne ingesluit het wat van die Hoëveld-Top5 afgeskuif is.

Johan Bender, die voorsitter van Piet Retief, sê dit gaan goed met die klub en die manne is hard aan die oefen.

“Ons het gemiddeld so 24 spelers by die oefeninge, met `n paar studente wat hul terugkeer na die dorp gemaak het, en dan is daar `n paar ou gesigte wat nog moet kom oefen.”

Newcastle, Standerton, Vryheid en Pongola neem ook aan die rugbydag deel en vyf wedstryde word in die vooruitsig gestel.

Talle ander bedrywighede word vir die dag beplan. Dit begin 12:00.

Piet Retief speel op 5 Maart weg teen Newcastle en toer die naweek daarna. Hulle probeer ook nog tuis teen Barberton en weg teen Standerton te speel voor die liga afskop, sê Bender.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.