KZNRU se Goue Bekerspan dramaties aangewys

Die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Moorbekerwenner en Goue Beker-deelnemer is Saterdag op dramatiese wyse aangewys toe die verdedigende kampioen, College Rovers, in die laaste rondomtalie-wedstryd slae gekry het.

Sy aartsvyand, Durban Collegians, het die kragmeting tussen die twee spanne met 24-20 gewen.

Dit het die spanne met ewe veel ligapunte gelaat, maar Rovers het op grond van ʼn beter batige punteverskil sy titel behou. Hy sal dus weer die bond in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks vir die oop klubs verteenwoordig.

Rovers het ook die Premierreserweliga en die Wyliebeker gewen nadat hy Collegians in die laaste wedstryd net-net met 33-32 geklop het.

Ander uitslae –

Premierliga

Varsity College (VC) 34, Northwood Crusaders 18; Richardsbaai 22, Amanzimtoti 22.

Premierreserweliga

VC 19, Crusaders 15; Richardsbaai 12, Toti 12.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.