Stormers, Lions se laaste toetslopie; Sharks teen uitgedunde Bulls XV

Robbie Fleck (Foto radionz.co.za)

Robbie Fleck (Foto radionz.co.za)

Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, het ’n groep van 29 spelers aangewys wat Saterdag op Nuweland met die Lions sal kragte meet in die Kapenaars se laaste oefenwedstryd voordat die Superrugby-reeks begin.

Vir Fleck sal dit belangrik wees om kombinasies te toets en om te sien hoe aanwinste soos die heelagter SP Marais en die senter Dan Kriel by die opset in die Kaap inpas.

Die Stormers het beide hulle vorige opwarmingswedstryde, teen die Cheetahs in Zimbabwe en die afgelope naweek teen die SWD Arende in George, gemaklik gewen. Dit is iets wat die Kapenaars selfvertroue sal gee.

Hoeveel gaan in die uitslag van Saterdag se stryd gelees word? Dat dit voorseisoen en ’n opwarmingswedstryd is, is waar. Dat Fleck ’n wenkultuur in die Kaap wil kweek is die ander kant van die muntstuk. Dan is verloor nie ’n opsie nie, al is dit net ʼn opwarmwedstryd.

Stormersgroep (in alfabetiese volgorde)

Juarno Augustus, Nizaam Carr, Jaco Coetzee, Juan de Jongh, Dan du Plessis, Jean-Luc du Plessis, Rob du Preez, Dewaldt Duvenage, Rynhardt Elstadt, JC Janse van Rensburg, Cheslin Kolbe, Siya Kolisi, Dan Kriel, Dillyn Leyds, Wilco Louw, Frans Malherbe, SP Marais, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe, Caylib Oosthuizen, Ramone Samuels, JD Shickerling, Chris van Zyl, Jano Vermaak, EW Viljoen, Cobus Wiese, Damian Willemse, Eduard Zandberg, Leolin Zas.

Kings pak SWD Arende in George

Die Kings het ’n groep van 30 spelers aangewys wat Vrydagaand teen die SWD Arende in Port Elizabeth sal speel.

Bekende spelers soos die toetsspeler van Namibië, Chrysander Botha en die rugbytrekvoël, Waylon Murray, wat vir die Sharks en Lions uitgedraf het, is in die beginvyftiental ingesluit.

Die span sal deur die deurwinterde stut Schalk Ferreira aangevoer word.

Kings

15. Chrysander Botha, 14. Makazole Mapimpi, 13. Luzuko Vulindlu, 12. Waylon Murray, 11. Alshaun Bock, 10. Lionel Cronje, 9. Rudi van Rooyen, 8. Ruan Lerm, 7. Stefan Willemse, 6. Andisa Ntsila, 5. Mzwanele Zito, 4. Sintu Manjezi, 3. Ross Geldenhuys, 2. Michael Willemse, 1. Schalk Ferreira (kapt.). Bank: 16. Tango Balekile, 17. Schalk van der Merwe, 18. Justin Forwood, 19. Tyler Paul, 20. Cameron Lindsay, 21. Chris Cloete, 22. Thembelani Bholi, 23. Christiaan de Bruin, 24. Louis Schreuder, 25. Pieter-Steyn de Wet, 26. Yaw Penxe, 27. Berton Klaasen, 28. Johan Tromp, 29. Malcolm Jaer, 30. Coyi Banda.

Hoeveel sal Sharks teen uitgedunde Bulls-vyftiental leer?

Die Sharks se afrigter Robert du Preez het ’n sterk span aangewys wat Vrydag met ’n Bulls-vyftiental sal kragte meet (sien ook vroeëre berig).

Hoeveel Du Preez egter uit die kragmeting sal wys word, is oop vir bespiegeling. Die Bulls se voorste 30 spelers is in Brisbane vir die afgelope wedstryd teen die Chiefs en die tienetoernooi en die vyftiental bestaan, met die uitsondering van die losskakel Tony Jantjies en die flank Hendré Stassen, uit ’n klomp groentjies.

Sharks

15. Curwin Bosch, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Andre Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Pat Lambie, 9. Cobus Reinach, 8. Tera Mtembu, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Philip van der Walt, 5. Ruan Botha, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Lourens Adriaanse, 2. Franco Marais, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. John-Hubert Meyer, 17. Chiliboy Ralepelle, 18. Coenie Oosthuizen, 19. Wian Vosloo, 20. Jean Droste, 21. Jacques Vermeulen, 22. Jean Deysel, 23. Francois Kleinhans, 24. Rowan Gouws, 25. Benhard Janse van Rensburg, 26. Sibusiso Nkosi, 27. Jeremy Ward, 28. Johan Deysel, 29. S’bura Sithole, 30. Clement Poitrenaud.

Bulls-vyftiental

15. Andell Loubser, 14. Lourens Steenkamp, 13. Marquit September, 12. Franco Naudé, 11. Kefentse Mahlo, 10. Tony Jantjies, 9. Stephan Enslin, 8. Luigy van Jaarsveld, 7. Hendré Stassen, 6. Soso Xakalashe, 5. Abongile Nonkontwana, 4. CJ Janse van Rensburg, 3. IG Prinsloo, 2. Jan van der Merwe, 1. Yanga Xakalashe. Bank: 16. Blade Kyd, 17. Nico Peyper, 18. Gavin van den Berg, 19. Lindokuhle Welemu, 20. Riekert Korff, 21. JT Potgieter, 22. Jason Olivier, 23. Kurt Webster, 24. Erich Cronjé, 25. Mat Kriel, 26. Madot Mabokela, 27. PJ Toerien, 28.Simphiwe Matanzima.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.