Lambie na drie maande terug vir die Sharks

Patrick Lambie (Foto: smh.co.au).jpg

Patrick Lambie (Foto: smh.co.au).jpg

Pat Lambie, wat meer as drie maande gelede harsingskudding in die eerste toets teen Ierland opgedoen het, sal die naweek die eerste keer weer by ʼn wedstryd betrokke wees.

Hy is deur die Sharks op die bank gekies vir Saterdag se wedstryd teen die OP Kings in Durban.

Lambie, wat as die Sharks se kaptein vir die Superseisoen aangewys is en toe in hul eerste opwarmwedstryd in Frankryk beseer is, het nou al die protokol-vereistes geslaag waaraan daar na konkussie voldoen moet word. Hy het ook `n groot del van die Superreeks misgeloop.

Sy terugkeer sal vir die Sharks baie beteken. Die verlies van Odwa Ndungane en Philip van der Walt verlede week het gemaak dat die Durbaniete maar eina is aan ervaring. Die Springbok Michael Claassen is darem terug in die span as skrumskakel.

Lambie se invloed dié wedstryd sal seker gering wees, want dis onwaarskynlik dat hy met die intrapslag  ʼn lang speelkans sal kry na sy aflêperiode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.