Ledesma versterk Poemas se spelersgroep

Die Argentynse Poemas se afrigter Mario Ledesma het vier veranderinge aan sy spelersgroep aangebring vir die toetse teen Australië en Nieu-Seeland wat ná Saterdag se loslootjie in die Rugbykampioenskap volg.

Twee van die “nuwelinge” is in die voorry waar die stut Gaston Cortes en die haker Julian Montoya terug is in die groep. Laasgenoemde het die twee toetse teen Suid-Afrika weens ʼn besering misgeloop.

In ʼn derde verandering aan die pak is die veteraan flank/agsteman, Juan Manuel Leguizamon, nou reeds 35 is, ook by die groep ingesluit.

Die sterk senter Matias Orlando is ook weer nadergetrek.

Argentinië speel Saterdag 8 September teen die All Blacks in Nelson en die week daarna teen die Wallabies in die Robinastadion aan die Goue Kus.

Ledesma het twee 16 voorspelers en 14 agterspelers in sy 30-tal gekies

Argentinië-toergroep

Voorspelers
Matias Alemanno, Gaston Cortes, Agustin Creevy (kaptein), Diego Fortuny, Santiago Garcia Botta, Marcos Kremer, Tomas Lavanini, Juan Manuel Leguizamon, Tomas Lezana, Pablo Matera, Santiago Medrano, Julian Montoya, Javier Ortega Desio, Guido Petti, Nahuel Tetaz Chaparro, Juan Zeiss.
Agterspelers
Santiago Alvarez, Gonzalo Bertranou, Emiliano Boffelli, Tomas Cubelli, Jeronimo de la Fuente, Bautista Delguy, Bautista Ezcurra, Santiago Gonzalez Iglesias, Martin Landajo, Juan Cruz Mallia, Matias Moroni, Ramiro Moyano, Matias Orlando, Nicolas Sanchez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.