Lees krieketbase dan nie rugbyberigte nie?

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mens kon nie help om so half in die mou te lag vir die optrede van die Proteas se afrigter, Russell Domingo, en die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Haroon Lorgat, oor die besluit van Kyle Abbott en Rilee Rossouw om hul loopbane in Engeland voort te sit nie.

Hulle het dié twee spelers erg gekritiseer omdat hulle Kolpak-kontrakte by Hampshire in Engeland onderteken het dus nie vir die volgende drie tot vier jaar vir die Proteas sal mag speel nie.

Nog baie meer krieketspelers, net soos meer as 350 Suid-Afrikaanse rugbyspelers, sal, wil en gaan oorsee speel.

Dis hul brood en botter, dis hul eie keuse en wie sal nou nee sê vir miljoene?

Die koek is gesny, daar is net plek vir 11 spelers in ʼn krieketspan en 15 in rugby se opdrafspan.  Daar is baie ander begaafde spelers in die tou en boonop loer kwotavereistes ook oor die spelers se skouers. Sportmanne wil nie langs die kantlyn wees nie, hulle wil spéél.

Die Northampton Saints-rugbyklub het juis Donderdag aangekondig dat David Ribbans hom by hulle sal aansluit.

Wie?

Ribbans (21) het vir die Westelik Provinsie gespeel. Hy was ook in die Stormers se groep maar het nooit vir hulle gespeel nie. Maar met Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit in die saal en JD Schickerling op die bank, watter kans het Ribbans om ʼn paar miljoen tuis te verdien?

Die WP het reeds ʼn magdom slotte verloor, soos Gerbrandt Grobler, Jean Kleyn en Quinn Roux, en nou volg Ribbans.

Daar speel heelwat meer as ʼn hele Bokspan en plaasvervangers oorsee, ondermeer Johan Goosen (?),  JP Pietersen, Jaco Taute, Francois Hougaard, Wynand Olivier, Jaque Fourie, Bryan Habana,  Morné Steyn, Ruan Pienaar, Duane Vermeulen, Marcell Coetzee, Francois Louw,  Schalk Burger, Andries Bekker, Francois Mostert, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Schalk Brits,  Steven Kitshoff, Werner Kruger,  Marcel van der Merwe, Gurthrö Steenkamp en Dean Greyling. Daar is nog vele ander.

Van hulle is in die skadu van hul loopbane, en sou hulle dit nog in SA kon maak?

Dis ervare Bokke, jong Springbokke, Junior Bokke, Superrugbyspelers, Curriebekerspelers en belowende klubspelers.

Dis ʼn tsoenami, en dit kan nie hier nie en ook nie in Nieu-Seeland, Australië,  Argentinië, Fidji, Samoa en Tonga gekeer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andrei ·

Ek stem 100% saam met dienskrywer van hierdie berig. Die hoof van SA krieket en n kwota spelers beleid goedgekeur en nou dat sekere spelers beter weivelde gaan soek nou is hulle kamstig veraaiers. Hy was die veraaier toe hy hierdie beleid laat goedkeur het

Herman Goosen ·

Sies tog Russel,
Om ‘n vloermoer te gooi as jy talentvolle spelers as spaarwiele aanhou en aanstoot neem dat hulle nie lojaal is nie toon Krieket SA en SA sport in die geheel se arrogansie aangaande hulle diskriminerende kwota stelsels.
Beroep spelers sal soos enige ander werker hulle belange eerste stel om die bes moontlikste voordele te kry. Solank dit op ‘n ordentlike wyse gedoen word is daar niks mee fout nie. Net ‘n dwaas sal lojaliteit teenoor suy onderdrukker toon.
Solank as wat swak bestuur talent ondermyn sal hierdie tipe van dinge plaasvind.
Net jammer dat Russel nie self dit ook kan doen nie sedert hy nie goed genoeg sal wees om teen dieselfde of beter inkomste oorsee sal kan “diens” doen nie

callie ·

Kyle kry kans om te speel as daar nou regtig nie nog n speler van kleur oor is nie. Rilee word ook maar so behandel. As AB terug is moet daar weer n wit speler uitgelaat word. Wit spelers moet ongelukkig vat wat hulle kan kry want hulle is nooit seker in SA of hulle gaan span kry. Geen lojaliteit teenoor hulle, so waarom moet hulle lojaal wees.

Alwyn ·

Ek het my geskaam vir die afrigter se onderhoud.Is die mense in beheer van sport.Geen wonder dis hoe dit gaan nie.Waar gaan die volgende generasie proteas vandaankom as die ouer manne ophou.Selfde posisie as die rugby.Gary Kirsten moes die proteas afrig en Rassie die bokke.Hulle het hulself bewys as spelers en afrigters.

Hendrik ·

Ja die sogenaamde base van rugby en krieket moenie nou spelers blammeer omdat hulle groener weivelde soek nie. Hulle het saam met Fikile in die bed geklim en nou mag die spelers wat geafekteer word nie buiteland toe gaan nie. Menere kry julle huis in orde. Julle het geen beheer nie, julle het geen beleid nie, julle het geen planne nie. Nog ‘n bietjie sluimer nog ‘n bietjie slaap en daar is niks oor nie.

Louis ·

Lorgat en Domingo is albei tweegesigte. Hulle weet te goed dat die kwotastelsel goeie blanke spelers met geen keuse laat om oorsee hulle heil en n beter inkomste te soek nie. Ek het egter nie geweet dat Domingo ook nog so baie van homself dink dat hy ontplof as sy naam verkeerd gespel is nie. Hy moet bykom, daar is baie groter probleme as dit.

JG ·

Is so bly Abbot kry sy kans . Toe hy in top vorm was in die world cup paar jaar terug het hy almal stukkend geboul maar toe moes daar mos beseerde kwota speel.Nou kan hy hulle in hulle hel stuur.

Rupert Ashford ·

Welgedaan aan die twee spelers. Kry vir julle SA rassistiese sport.

Johannes van Rooyen ·

Alle wit spelers moet oorsee gaan geen wit speler word waardeer in SA nie word net gekies om span vol te maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.