Leeus behou dieselfde 23-tal vir derde toets

Sam Warburton – die Leeus se kaptein. (Foto Twitter @lionsofficial)

Die Britse en Ierse Leeus se afrigter, Warren Gatland, het dieselfde span en plaasvervangersbank aangewys vir Saterdag se derde en beslissende toets teen die All Blacks op Edenpark.

Die Leeus het verlede naweek in Wellington die tweede toets met 24-21 gewen nadat hulle in die eerste toets, ook op Edenpark, geklop is.

Dit is die eerste keer sedert 1993 dat die Leeus dieselfde beginspan vir twee agtereenvolgende toetse kies.

Die keuse van dieselfde 23-tal beteken dat die Ierse flank, CJ Stander – wat die Junior Springbokke aangevoer en vir die Bulls gespeel het, Saterdag van die bank af die kans mag kry om deel te word van slegs die tweede reeksoorwinning van die Leeus teen Nieu-Seeland.

Britse en Ierse Leeus –

Liam Williams, Anthony Watson, Jonathan Davies, Owen Farrell, Elliot Daly, Johnny Sexton, Conor Murray, Mako Vunipola, Jamie George, Tadhg Furlong, Maro Itoje, Alun Wyn Jones, Sam Warburton (kapt.), Sean O’Brien, Taulupe Faletau.

Bank: Ken Owens, Jack McGrath, Kyle Sinckler, Courtney Lawes, CJ Stander, Rhys Webb, Ben Te’o, Jack Nowell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Callie ·

As leeus nie iets aan dissipline gedoen het en Vinapoli kortgevat het nie, kom daar n groot pakslae. AB nog steeds met meer as 15

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.