Leeus bied Cravenweek by St Stithians aan

cravenweek-logoDie Goue Leeus Rugbyunie sal vanjaar gasheer wees vir die jaarlikse o.18-Craven- en Akademieweek.

Dié immergewilde week, wat sedert sy ontstaan in 1964 ’n kykie op die talentvolste spelers van môre bied, sal van 17-22 Julie by die St. Stithians College in Johannesburg aangebied word.

In die openingswedstryd sal die Griffons en die Griekwas mekaar pak, terwyl die wenner van verlede jaar se toernooi, die Westelike Provinsie, op die eerste dag met die Pumas kragte sal meet.

Die gasheer, die Goue Leeus, sal op die eerste dag teen die Grens te staan kom.

Op die tweede dag kan rugbyfynproewers uitsien na die stryd tussen die Blou Bulle en KwaZulu-Natal en ook die Griekwas en die Oostelike Provinsie.

Die bepalings vir die eerste twee dae –

o.18-Cravenweek

Maandag 17 Julie
Griffons vs Griekwas
Limpopo Blou Bulle vs Grens
Vrystaat vs Boland
Westelike Provinsie vs Pumas
Goue Leeus vs Grens

Dinsdag 18 Julie
Valke vs Namibië
Luiperds vs Zimbabwe
Griekwas vs Oostelike Provinsie
Suidwestelike Distrikte vs Oostelike Provinsie
Blou Bulle vs KwaZulu-Natal

(Afskoptye sal later bekend gemaak word.)

Akademieweek

Maandag 17 Julie
Rooi Valke vs Limpopo Blou Bulle
Oostelike Provinsie vs Griekwas
KwaZulu-Natal vs Griekwas
Oostelike Provinsie vs Griekwas
KwaZulu-Natal vs Suidwestelike Distrikte
Westelike Provinsie vs Boland 

Dinsdag 18 Julie
Goue Leeus XV vs Zimbabwe
Blou Valke vs Grens
LSOB vs Griffons
Namibië vs Pumas
Grens vs Luiperds
Blou Bulle vs Vrystaat
Goue Leeus vs Pumas

(Afskoptye sal later bekend gemaak word.)

♦  Die o.16-Grant Khomo- en o.13-Cravenweek sal van 10-14 Julie by Grey Kollege in Bloemfontein aangebied word. 

o.16-Grant Khomoweek

Maandag 10 Julie
Luiperds vs Namibië  (A-veld)
Boland vs Griekwas (A-veld)
Goue Leeus vs Grens (A-veld)
Westelike Provinsie vs Blou Bulle (A-veld)
Vrystaat vs Zimbabwe (A-veld)
Griffons vs Grens (B-veld)
Oostelike Provinsie vs Vrystaat XV (B-veld)
Limpopo Blou Bulle vs Valke (B-veld)
Suidwestelike Distrikte vs Pumas (B-veld)
KwaZulu-Natal vs Westelike Provinsie XV (B-veld)
(Afskoptye sal later bekend gemaak word.) 

o.13-Cravenweek

Maandag 10 Julie
Grens vs Zimbabwe
Luiperds vs Oostelike Provinsie
Grens vs Pumas
Limpopo Blou Bulle vs Boland
Namibië vs Griekwas
Suidwestelike Distrikte vs Valke
KwaZulu-Natal vs Goue Leeus
Westelike Provinsie vs Griffons
Vrystaat vs Blou Bulle

(Afskoptye sal later bekend gemaak word.)

♦  Die Week vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes (LSOB) word van 3-7 Julie by Glenwood High School in Durban aangebied.

Maandag 3 Julie
Boland vs Oostelike Provinsie
Valke vs Suidwestelike Distrikte
Westelike Provinsie vs Blou Bulle
Vrystaat vs Pumas
Goue Leeus vs Griffons
|Goue Leeus vs Blou Bulle
KwaZulu-Natal vs Luiperds

(Afskoptye sal later bekend gemaak word.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.