Leeus, Griekwas kan vir riller sorg

lions-xerox-logoDaar word die naweek net vier wedstryde in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks gespeel met Saterdag se wedstryd tussen die Goue Leeus en Griekwas wat ʼn riller kan wees.

Griekwas, met dusver net die een neerlaag met ʼn enkele punt op Nuweland teen die Westelike Provinsie, voel seker steeds baie tevrede na die oorwinning oor die WP drie weke gelede. Hulle sal egter Saterdag (15:00) op Markspark in Johannesburg moet ligloop vir die Rooibontes van wie elke speler in die pak reeds Superervaring het.

♦  Die wedstryd tussen twee van die groot teleurstellings in die reeks, Sharks (slegs drie oorwinnings) en die Blou Bulle (twee oorwinnings) Vrydagmiddag (17:00) op Loftus kan self interessant wees. Die Bulle was voor verlede naweek nog tweede laaste maar kan, sou hulle wen, opskuif na sesde laaste plek.

♦  Op Outenikwapark wag daar Vrydagaand (19:00) ook ʼn taai stryd tussen twee spanne wat dusver ewe middelmatig gevaar het. Die SWD Arende behoort tuis teen die Grens Bulldogs te wen.

♦  Die Welwitchias, sou ʼn mens dink, gaan selfs teen die Valke wat vanjaar sukkel, nóg ʼn neerlaag ly, en die wedstryd in Kemptonpark (Saterdag 14:10) is miskien die enigste waar die spanne nie  naastenby ewe sterk lyk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.