Leeus kan SA spanne groot guns bewys

Die Leeusspan. (Foto: Lions Rugby/Facebook)

Die Leeus kan die ander Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap ʼn groot guns bewys deur Edinburgh komende Saterdag in Johannesburg te klop. Die Leeus is juis stert in die lug nadat hulle die Ospreys Vrydagaand 45 – 15 afgeransel het.

Die Skotte is in die vyfde plek op die punteleer, gevolg deur die Stormers, Bulle en Haaie. Die Suid-Afrikaanse spanne het een minder wedstryd gespeel.

Vrydagaand pak die Haaie die Dragons in Durban. Die manne van Wallis sal nog hulle wonde lek nadat die Bulle hulle 55 – 20 vermorsel het.

Die Bulle het Saterdag ʼn heel groter uitdaging wanneer hulle teen Ulster op Loftus speel. Die Ierse span is in die tweede plek op die punteleer en sal wil vergoed vir die naelskraapse nederlaag 20 – 23 teen die Stormers.

Die Kaapse span speel komende Saterdag teen die Ospreys en sal hoop om te wen en ʼn bonuspunt aan te teken.

ʼn Wedstryd wat heelwat belangstelling sal lok, is die een tussen Leinster, wat eerste op die punteleer is, en Munster wat in die derde plek is. Leinster kan die Suid-Afrikaanse spanne ʼn guns bewys deur Munster te klop want dan gaan die plaaslike spanne makliker onder die topvier kan eindig.

Die span in die vierde plek op die punteleer, Glasgow Warriors, kom Vrydagaand teen die melkkoei van die toernooi, Zebre, te staan.

Emirates Lions vs Ospreys

Thank you, Ospreys Rugby!#LIOvOSP | Vodacom #URC

Posted by Lions Rugby Co on Friday, March 25, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.