Leeus kies Robbie Coetzee bo Bokhaker Marx

Robbie Coetzee (Foto ruggaworld.com)Robbie Coetzee is deur die Goue Leeus-afrigter Johan Ackerman bo die Springbokhaker Malcom Marx gekies vir Vrydagmiddag se belangrike Curriebekerwedstryd teen die Sharks.

Coetzee, wat vanjaar lank op die krukkelys was, speel sedert sy terugkeer sowat ʼn maand gelede kookwater-rugby. Die oud-Blou Bul was self ʼn lid van ʼn Springbokgroep sonder om ooit speeltyd vir die Bokke te kry en is nou weer naby aan sy beste.

Ackermann-hulle glo die Sharks se aanslag sal uiters fel wees, en meen dat Marx, wat met sy dinamika in die vastelos én die skrum indrukwekkend is, in die laaste deel van die bank af groot impak kan maak.

Dit is ʼn goed-gebalanseerde span met die gebrek aan ervaring op hoër vlak van die slotte JP du Preez en Bobby de Wee miskien iets wat effens pla. Albei het egter verlede week goed vertoon, en behoort teen die KwaZulu-Natallers hul man te staan.

Goue Leeus –

Andries Coetzee, Koch Marx, Jacques Nel, Rohan Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Jaco van der Walt, Ross Cronjé, Ruaan Lerm, Ruan Ackermann, Kwagga Smith (kapt), Bobby de Wee, JP du Preez, Ruan Dreyer, Robbie Coetzee, Dylan Smith. Bank: Malcolm Marx, Jacques van Rooyen, Fabian Booysen, Cyle Brink, Dillon Smit, Howard Mnisi, Sylvian Mahuza

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.