Robbie Coetzee is deur die Goue Leeus-afrigter Johan Ackerman bo die Springbokhaker Malcom Marx gekies vir Vrydagmiddag se belangrike Curriebekerwedstryd teen die Sharks.
Coetzee, wat vanjaar lank op die krukkelys was, speel sedert sy terugkeer sowat ʼn maand gelede kookwater-rugby. Die oud-Blou Bul was self ʼn lid van ʼn Springbokgroep sonder om ooit speeltyd vir die Bokke te kry en is nou weer naby aan sy beste.
Ackermann-hulle glo die Sharks se aanslag sal uiters fel wees, en meen dat Marx, wat met sy dinamika in die vastelos én die skrum indrukwekkend is, in die laaste deel van die bank af groot impak kan maak.
Dit is ʼn goed-gebalanseerde span met die gebrek aan ervaring op hoër vlak van die slotte JP du Preez en Bobby de Wee miskien iets wat effens pla. Albei het egter verlede week goed vertoon, en behoort teen die KwaZulu-Natallers hul man te staan.
Goue Leeus –
Andries Coetzee, Koch Marx, Jacques Nel, Rohan Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Jaco van der Walt, Ross Cronjé, Ruaan Lerm, Ruan Ackermann, Kwagga Smith (kapt), Bobby de Wee, JP du Preez, Ruan Dreyer, Robbie Coetzee, Dylan Smith. Bank: Malcolm Marx, Jacques van Rooyen, Fabian Booysen, Cyle Brink, Dillon Smit, Howard Mnisi, Sylvian Mahuza