Leeus kies twee Bokke en ʼn Blitsbok teen die Blou Bulle

Ruan Combrinck (Foto GB Jordaan)

Die Goue Leeus is duidelik ernstig oor die Supersportreeks. Dít kan ʼn mens aflei van die span wat hulle gekies het om Vrydagaand (17:00) in die Orlandostadion in hulle laaste groepwedstryd teen die Blou Bulle te speel.

Wen hulle, wen hulle die Noordstreek en kry hulle ʼn tuishalfeind. Verloor hulle sonder ʼn bonuspunt, kan die Bulle nog eerste eindig.

Wat die wedstryd betref, is dit genoeg om daarop te wys dat die Springbokvleuel Ruan Combrinck in die Goue Leeus se span ingesluit is.  Verlede jaar se Bokskrumskakel Faf de Klerk is ook in die span en die Blitsbok Kwagga Smith sak op flank.

Combrinck is deur die SA A-span vrygestel om vir die Goue Leeus te speel.

Trouens, net die uitstekende jong senter Jarryd Sage, wat in die beginspan is, en die 20-jarige Siya Masuku, die losskakel op die bank, in die 22-tal het geen ervaring van Superrugby nie.

Goue Leeus –

15 Sylvian Mahuza, 14 Ruan Combrinck, 13 Jacques Nel, 12 Jarryd Sage, 11 Anthony Volmink, 10 Shaun Reynolds, 9 Faf de Klerk, 8 Jano Venter, 7 Fabian Booysen, 6 Kwagga Smith, 5 Lourens Erasmus, 4 Robert Kruger, 3 Hencus van Wyk, 2 Akker van der Merwe
1 Jacques van Rooyen (kapt.) Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Justin Ackerman, 18 Marvin Orie, 19 Cyle Brink, 20 Dillon Smit, 21 Siya Masuku, 22 Madosh Tambwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.