Leeus: Meer byt as brul?

Kyle Sinckler op die oorlogpad in een van die toerwedstryde. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die humeurpot het gedreig om in die tweede toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus oor te kook en Ben O’Keeffe het met tye sy hande vol gehad om die spelers se aggressie in toom te hou.

Nou het Wêreldrugby bevestig dat Kyle Sinckler, een van die Leeus se stutte, môre voor ’n tugkomitee weens beweerde vuilspel sal verskyn.

Die 28-jarige Engelsman, wat die skaal op 122 kg laat kreun, het glo in die 64ste minuut van die wedstryd die Bokke se Franco Mostert gebyt.

Volgens die internasionale rugbybeheerliggaam sal Sinckler voor ’n tugkomitee van Adam Casselden (voorsitter), David Croft en John Langford verskyn. Indien hy skuldig bevind word, kan hy deur ’n skorsing van 12 weke in die gesig gestaar word.

Vroeër het Stuart Hogg (heelagter) ontken dat hy vir Willie le Roux in dieselfde toets gebyt het.

“Na aanleiding van die bespiegeling op sosiale media, wil ek enige vuilspel ten sterkste ontken. Ek sal nooit ’n teenstander byt nie en die ongegronde beskuldiging ontstel my. Ek was nog altyd trots op die manier waarop ek rugby speel,” het Hogg gesê.

Dan het baie ondersteuners ook verwag dat Maro Itoje in die sop sal wees omdat hy op Damian de Allende se nek gekniel het, terwyl Nigel Owens meen dat Cheslin Kolbe se luggeveg met Conor Murray eintlik ’n rooi kaart regverdig het.

Daar sal egter net verdere stappe teen Sinckler gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Bokke het hul so pap gespeel dat byt al wat oor was om te doen…..

As iemand aan Itoje gedoen het wat hy met De Allende gedoen het was blm nou “up in arms”. Dalk moet iemand vir Itoje sê “take the knee” is gewoonlik voor die wedstryd……hoop albei kry hul verdiende loon.

Anoniem ·

Wys net waartoe hulle in staat is wanneer almal saamspeel, kaptein ingesluit.

MakersMark ·

Stem saam Kolisi was goed, sy leierskap ook en hy het 70 min gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.