Leeus se brul is terug na hulle Crusaders kortvat

Tadhg Furlong, stut van die Leeus, dryf teen Crusaders (Foto: Twitter @lionsofficial)

Die Britse en Ierse Leeus se brul is terug, en nie sommersó nie.

In wat sekerlik as ʼn verrassing beskryf kan word, het die Leeus Saterdag in Christchurch hul tweede sege van hul Nieu-Seelandse toer behaal deur die Crusaders 12-3 te klop.

Die Crusaders het vanjaar nog net ʼn enkele Superwedstryd verloor en is die voorlopers in die reeks. Hulle was na die Leeus se neerlaag Woensdag teen die Blues die gunstelinge om Saterdag te wen.

Nie ‘n enkele drie nie? Dit het nie saak gemaak nie, dit was heerlik. Die Leeus het met uitnemendheid aangeval en hoewel hulle nie geleenthede kon afrond nie, was daar hope pluspunte om oor huis toe te skryf.

Een daarvan was die vertoning van die skakelpaar Conor Murray en Owen Farrell. Murray se taktiese skopwerk en Farrell se korrel pale toe, sowel as hul besluitneming en verspreiding was kookwater.

Gepraat van die telling. Dit moes 15-3 gelees het. In die 44ste minuut het Farrell duidelik met ‘n strafdoel geslaag, maar dit is nie toegeken nie.

Verder het die Leeus gebieds- en besitvoordeel geniet, met die Leeus wat 19 keer omgekeerde besit afgestaan het teenoor die Crusaders se 18 – te veel vir sulke uitsoekspanne.

Crusaders moes ook meer walgooi en het sowat 30 persent meer duikslae uitgevoer as wat van die Leeus verwag is.

Die Crusaders het egter die skrumstryd loshande gewen.

Waar hulle egter in  die geheel vasgeval het, is met die manier waarop die Leeus hulle onder druk gehou het. Saders is het hulle ritme gesmoor en die opskiet-verdediging het hulle gevaarlike hardloopspel ontwrig.

♦  Farrell het die telbord in die 12de minuut met ‘n strafdoel aan die rol gesit en het vier minute later sy tweede vir die aand oorgeklits.

Richie Mo’unga het in die 25ste minuut die Crusaders se enigste punte van dié kragmeting aangeteken, waarna Farrell gesorg het dat die rustydtelling 9-3 in die Leeus se guns was.

‘n Uiters opwindende tweede helfte het net drie punte in die 71ste minuut danksy Farrell se skoen opgelewer, maar niemand gaan daaroor kla nie.

Puntemakers –

Crusaders: Strafdoel: Richie Mo’unga.
Britse en Ierse Leeus: Strafdoele: Owen Farrell 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Die All Blacks sal moet vinnig aanpas by die Franse skeidsregter se vertolkings van die skrum en onkant reëls.Alhoewel die Crusadersskrum die Lions onder druk geplaas het,het hul tog ‘n aantal strafskoppe afgestaan.

Die manier waarop die skeidsregter toegelaat het dat die Lions op hul eie bal die voorry laat val om hul besit te beskerm is mi niks anders as negatiewe en obstruksiespel nie.Waar hul wel staande gebly en onder druk geplaas is het die skeidsregter geen ander keuse gehad om hul te straf nie.

Dit is duidelik dat hul die speltempo met hul opskietverdediging probeer stadig maak en het hul dit gelyk of som soor die onkantlyn opskiet .Indien dit die manier gaan wees waarop hul die All Blacks wil klop kan ‘n mens maar outydse skopwedstryde verwag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.