Leeus se skeidsregter sterf na wedstryd

whistleFrancois Smit, ʼn skeidsregter van die Goue Leeus Skeidsregtersvereniging, is Saterdagmiddag dood nadat hy ʼn wedstryd by die Carletonville High School beheer het.

Smit, 56, is vermoedelik aan ʼn hartaanval oorlede. Hy het vroeër die dag ook by die Allen Glen High School in Weltevredenpark fluitjie geblaas.

Die bestuurder van skeidsregters by die Goue Leeus, Theuns Naudé, sê Smit was ʼn toegewyde skeidsregter wat altyd beskikbaar was om te blaas, ongeag op watter vlak dit was.

Smit het op die Wes-Rand gebly en laat sy vrou Lynn na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rika van Loggerenberg ·

My seun het daar saam met sy kollegas van Best Drive te Carletonville gebottelde water en ys uit gegee. François het blykbaar voor die wedstryd daar gespog dat hy sy 3366ste wedstryd sou gaan blaas as skeidsregter. Baie hartseer. My seun se hy het so fiks voorgekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.