Leeus-speler terug na SA oor siek pa

Tyrone Green sluit by die Leeus aan. Foto: Lions Rugby

Die Leeus-vleuel Courtnall Skosan is op pad terug na Suid-Afrika aangesien sy pa baie siek is.

Die Leeus speel Vrydag teen die Chiefs in Waikato in Nieu-Seeland. Tyrone Green sal intussen by die Leeus aansluit.

Sylvian Mahuza sal in Skosan se afwesigheid na regtervleuel skuif, Andries Coetzee sal heelagter speel en Ruan Combrinck skuif na die plaasvervangerbank.

Warren Whiteley sal intussen weer die leisels oorneem in Vrydag se wedstryd nadat hy sewe weke gelede ʼn besering opgedoen het tydens die Leeus se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad.

Die 31-jarige Whiteley het Sondag by die Leeus aangesluit nadat hy oor die naweek ʼn fiksheidstoets geslaag het.

Brad Weber sal intussen die Chiefs aanvoer in sy 65ste Superrugby‑wedstryd vir dié franchise.

Brendon Pickerill van Nieu-Seeland sal die fluitjie blaas en die Suid-Afrikaner Rasta Rasivhenge sal een van sy assistente wees. Die wedstryd begin om 09:35.

Spanne:

Leeus: 15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Franco Naude, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Gianni Lombard, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (k), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Marvin Orie, 4 Stephan Lewies, 3 Carlu Sadie, 2 Robbie Coetzee, 1 Sti Sithole.

Plaasvervangers: 16 Malcolm Marx, 17 Frans van Wyk, 18 Johannes Jonker, 19 Wilhelm van der Sluys, 20 Marnus Schoeman, 21 Nic Groom, 22 Elton Jantjies, 23 Ruan Combrinck.

 

Chiefs: 15 Jack Debreczeni, 14 Sean Wainui, 13 Alex Nankivell, 12 Anton Lienert-Brown, 11 Ataata Moeakiola, 10 Marty McKenzie, 9 Brad Weber, 8 Taleni Seu, 7 Lachlan Boshier, 6 Luke Jacobson, 5 Mitchell Brown, 4 Tyler Ardron, 3 Nepo Laulala, 2 Liam Polwart, 1 Angus Ta’avao.

Plaasvervangers: 16 Samisoni Taukei’aho, 17 Atu Moli, 18 Sosefo Kautai, 19 Jesse Parete, 20 Pita Gus Sowakula, 21 Jonathan Taumateine, 22 Tumua Manu, 23 Shaun Stevenson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.