Leeus trek Superspelers nader

Courtnall Skosan (Foto: GB Jordaan)

Courtnall Skosan (Foto: GB Jordaan)

Die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann het drie veranderinge gemaak aan die span wat verlede week teen die Pumas gewen het vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen Griekwas in Kimberley.

Twee van die spelers wat in die Supereindstryd in die beginspan was, Courtnall Skosan en Dylan Smith, is ingesluit en MB Lusaseni is ook weer in die Leeus se beginspan as slotmaat vir Lourens Erasmus.

Saam met Corné Fourie op die bank is daar 10 van Saterdag se span wat in Wellington se 23-tal was vir die eindstryd teen die Hurricanes was. Sylvian Mahuza en Steph te Witt het ook saamgereis Nieu-Seeland toe, terwyl Cyle Brink ook dikwels in die uitsoek-23 van die Superspan was.

♦ Griekwas het net een nuwe man in die agterlyn, Elgar Watts, maar dit het twee posisionele skuiwe genoodsaak.

Watts is in Clinton Swart se plek, wat senter toe skuif in die plek van JW Jonker wat op sy beurt vleuel speel in die plek van Ederies Arendse.

In die pak vervang AJ le Roux vir Marius Fourie wat met hom plekke op die bank ruil, net soos Sias Koen wat in die plek van Mzwanele Zito speel.

Die spanne –

Goue Leeus:
15 Sylvian Mahuza, 14 Courtnall Skosan, 13 Stokkies Hanekom, 12 Howard Mnisi (mede-kaptein), 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronjé (mede-kaptein), 8 Ruan Ackermann, 7 Cyle Brink, 6 Steph de Wit, 5 Lourens Erasmus, 4 MB Lusaseni, 3 Jacques van Rooyen, 2 Akker van der Merwe, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Ramone Samuels, 17 Corné Fourie, 18 Bobby de Wee, 19 Ruaan Lerm, 20 Dillon Smit, 21 Marnitz Boshoff, 22 Jacques Nel

Griekwas:
15 AJ Coertzen, 14 JW Jonker, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Alshaun Bock, 10 Elgar Watts, 9 Rudi van Rooyen, 8 Jason Fraser, 7 RJ Liebenberg (kaptein), 6 Wendal Wehr, 5 Jonathan Janse van Rensburg, 4 Sias Koen, 3 Stephan Kotzé, 2 AJ le Roux, 1 Steph Roberts. Bank: 16 Marius Fourie, 17 Devon Martinus, 18 Mzwanele Zito, 19 Stephan Vermeulen, 20 Renier Botha, 21 André Swart, 22 Eric Zana

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.