Vrydag was gewis die aand van die katte, al het die Goue Leeus eers laat vlam gevat, en het die Luiperds naelskraap gewen.
In Johannesburg was die besoekende Griekwas rustyd met 20-19 voor, maar ʼn vasberade Goue Leeus-span het die bordjies verhang en op die ou end oortuigend met 62-41 gewen.
Die Poubloues het darem ook nie heeltemal gaan lê nie, en die Leeus moes deurentyd bly werk aan hul voorsprong.
Griekwas se losskakel, George Whitehead, het 16 punte aangeteken. Hy het vyf doelskoppe en twee strafdoele op die telbord geplaas.
Courtnall Skosan, die Leeus se Springbokvleuel, het drie keer agter die doellyn gaan kuier.
Shaun Reynolds, die wenspan se losskakel, het eweneens 15 punte met ses doelskoppe en ʼn strafdoel behaal.
Die puntemakers –
Goue Leeus 62 (19) – Drieë: Hacjivah Dayimani (2), Ross Cronjé, Courtnall Skosan (3), Sylvian Mahuza, Len Massyn, Wandisile Simelane. Doelskoppe: Shaun Reynolds (7). Strafdoel: Shaun Reynolds.
Griekwas 41 (20) – Drieë: André Swarts, Kwezi Mkhafu, Wilmar Arnoldi, Kyle Steyn, AJ Coertzen. Doelskoppe: George Whitehead (5). Strafdoele: George Whitehead (2).
♦ In George het die Luiperds die Suidwestelike Distrikte (SWD) met 27-25 in die Curriebeker- Eerste Liga geklop.
Die span van Potchefstroom, wat in die SuperSport-reeks teleurgestel het, het belowe hy sal beter in die Eerste Liga vaar, en die vertoning teen die Arende sal die hoop op beter dae by sy ondersteuners laat opflikker.
Het ek iewers iets gemis. In die week het die media dan histeries yitgeblaker dat die Luiperds hulle wegwedstryde sal prysgee agv n geldnood. Of is daar n George dorp tussen Potch en Klerksdorp????