Leeus vat laat vlam; naelskraap vir Luiperds

Corné Fourie (haker) het ʼn barshou vir die Goue Leeus gespeel. (Foto: GB Jordaan)

Vrydag was gewis die aand van die katte, al het die Goue Leeus eers laat vlam gevat, en het die Luiperds naelskraap gewen.

In Johannesburg was die besoekende Griekwas rustyd met 20-19 voor, maar ʼn vasberade Goue Leeus-span het die bordjies verhang en op die ou end oortuigend met 62-41 gewen.

Die Poubloues het darem ook nie heeltemal gaan lê nie, en die Leeus moes deurentyd bly werk aan hul voorsprong.

Griekwas se losskakel, George Whitehead, het 16 punte aangeteken. Hy het vyf doelskoppe en twee strafdoele op die telbord geplaas.

Courtnall Skosan, die Leeus se Springbokvleuel, het drie keer agter die doellyn gaan kuier.

Shaun Reynolds, die wenspan se losskakel, het eweneens 15 punte met ses doelskoppe en ʼn strafdoel behaal.

Sylvian Mahuza (regtervleuel) se drie kort ná rustyd het die Leeus op die wenpad geplaas. (Foto: GB Jordaan)

Die puntemakers –

Goue Leeus 62 (19) – Drieë: Hacjivah Dayimani (2), Ross Cronjé, Courtnall Skosan (3), Sylvian Mahuza, Len Massyn, Wandisile Simelane. Doelskoppe: Shaun Reynolds (7). Strafdoel: Shaun Reynolds.

Griekwas 41 (20) – Drieë: André Swarts, Kwezi Mkhafu, Wilmar Arnoldi, Kyle Steyn, AJ Coertzen. Doelskoppe: George Whitehead (5). Strafdoele: George Whitehead (2).

♦ In George het die Luiperds die Suidwestelike Distrikte (SWD) met 27-25 in die Curriebeker- Eerste Liga geklop.

Die span van Potchefstroom, wat in die SuperSport-reeks teleurgestel het, het belowe hy sal beter in die Eerste Liga vaar, en die vertoning teen die Arende sal die hoop op beter dae by sy ondersteuners laat opflikker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries du Toit ·

Het ek iewers iets gemis. In die week het die media dan histeries yitgeblaker dat die Luiperds hulle wegwedstryde sal prysgee agv n geldnood. Of is daar n George dorp tussen Potch en Klerksdorp????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.