Leeus verinneweer Valke; Griffons verras bure

Die Goue Leeus-vyftiental het nie net Vrydag die Valke se vlerke in die Supersportreeks geknip nie, maar sommer ook hul stertvere gepluk; en soos meermale in die verlede het die Griffons die Luiperds se partytjie bederf.

In die Barnardstadion op Kempton Park het die Lions hul gasheer genadeloos gekasty om met 96-27 te wen, nadat die besoekers rustyd 35-27 voorgeloop het teen ʼn span wat tot op daardie stadium goeie teenstand gebied het.

Die Lions het 14 drieë gedruk, waarvan Shaun Reynolds (losskakel) 13 verdoel het vir ʼn persoonlike bydrae van 26.

Reynolds het tot dusver 106 punte in die reeks aangeteken, vyf meer as Oliver Zono van Grens se 101. Laasgenoemde is met sewe die voorste driedrukker.

Anthony Volmink, die Leeus se regtervleuel, het Vrydag drie keer agter die doellyn gaan kuier.

♦ Derbies teen sy Luiperds-buurman neig om die heel beste uit die Griffons te haal en dit was Vrydag weer die geval, toe die Noord-Vrystaters die tuisspan op Olënpark, Potchefstroom, met 33-17 verslaan het (rustyd 19-12).

Dit was slegs die Griffons se tweede oorwinning in die reeks, en min mense het verwag dat hulle die Luiperds-vyftiental ore sou kon aansit.
Die puntemakers –

Goue Leeus 96 (35) – Drieë: Akker van der Merwe (2), Marvin Orie, Fabian Booysen, Jano Venter (2), Dillon Smit, Madosh Tambwe, Jacques Nel, Anthony Volmink (3), Hacjivah Dayimani, Jan-Louis la Grange. Doelskoppe: Shaun Reynolds (13).

Valke 27 (27) – Drieë: Marco Klopper, Reg-Hack Muller, Maphuta Dolo (2).Doelskoppe: Christiaan Rust (2). Strafdoel: Christiaan Rust.

Griffons 33 (17) – Drieë: Barend Potgieter, Thato Mavundla, Jasper Wiese, Duan Pretorius, Carel Coetzee. Doelskoppe: Duan Pretorius (4).

Luiperds 17 (12) – Drieë: Henro-Pierre Swart, Jimmy Mpailane, Tapiwa Mafura. Doelskop: Gerhard Nortier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.